

Landbougrond en water is skaars hulpbronne in groot dele van die wêreld en dit lei tot alternatiewe boerderypraktyke.
Tegnologie gaan boere in staat stel om voedsel te produseer wat minder afhanklik is van water en grond, sê Cobus Wells, hoof van Absa AgriBusiness, in Absa se Landbouvooruitsig vir 2017.
Die huidige tendens is dat boere hul ondernemings vertikaal laat groei en dit lei tot presisieboerdery gegrond op die jongste tegnologiese praktyke, sê Wells.
“Landbou was altyd ’n enorme werkskepper, maar dit transformeer na ’n tegnologies gedrewe bedryf wat van hoogs vaardige arbeid gebruik maak,” sê hy.
“Ons moet onsself afvra of ons bewus is van markontwrigters en watter risiko’s dit inhou of watter geleenthede dit bied vir ons huidige boerderypraktyke.”
Volgens die verslag is daar veral twee nuwe tegnologieë wat die landbouwêreld verander.
Bemarkingstegnologie
Die landbousektor het nou weer die geleentheid om regstreeks sake te doen met die verbruiker, pleks van deur die supermark.
Dit word moontlik gemaak deur doeltreffender en verpersoonlikte verspreidingskanale, soos aanlyn inkopies en aflewering deur iets soos Uber Fresh.
Na verwagting sal supermarkte kleiner word en regstreekse persoonlike bemarking die norm.
Dit gaan geleenthede skep vir boere om regstreeks met verbruikers handel te dryf en die middelman uit te sny. Dit geld veral vir jonger generasies wat tegnologies bedrewe is.
Volgens die verslag sal boere in tegnologie belê om suksesvol te wees en ook nuwe maniere moet ontwikkel om die verbruiker te bereik deur ’n storie aan hul produk te koppel en sodoende die unieke eienskappe daarvan te oor te dra.
Nuwe produksietegnologie
Dié nuwe tegnologie hervorm die toekoms van produksie wat in geboue inbeweeg, of deur die vertikale produksie van groente, die mikrobiologiese produksie van energieprodukte of die kunsmatige produksie van vleis.
Dit impliseer dat boerderybedrywighede gaan wegbeweeg van landelike gebiede na stedelike gebiede.
Gevolglik sal die behoefte aan vervoer van al die produkte oor lang afstande ook verminder.
Volgens die verslag is dié tegnologie ’n groot bedreiging vir veral die meeste ekonomieë in Afrika, wat hoofsaaklik op landbou staatmaak, omdat daar nie meer ’n behoefte aan groot gebiede grond vir landbou gaan wees nie.
Bron: Netwerk24
Koraal
Secretary:
Naomi Excell
E-Mail: admin@agrilimpopo.co.za
Tel : +27 (0) 15 307 2725
Tel : +27 (0) 15 307 3509
Weipe
Chairperson:
Pieter Esterhuyse
E-Mail: pieter@overvlakte.co.za
Cell: +27 (0) 83 653 4871
Loskop
Chairperson:
Danie van der Heever
E-Mail: danie@jfdfarms.co.za
Cell: +27 (0) 82 777 1246
Hoedspruit
Chairperson:
Flip Roodt
E-Mail: roodtpj@gmail.com
Cell : +27 (0) 82 493 4170
Bosveld
Chairperson
Cobus Coetzee
E-Mail: agribosveld@hotmail.com
Cell : +27 (0) 82 800 6287
Lephalale
Chairperson:
Douw Pelser
E-Mail: douw@trophysafaris.co.za
Cell : +27 (0) 82 302 3773
Agri Letaba DLU
Chairperson:
Pieter Vorster
E-mail: pieter@mahela.co.za
Cell : +27 (0) 83 259 5511
Nzelele
Chairperson:
Evert van Deventer
E-Mail: evert@maswiri.co.za
Cell: +27 (0) 78 638 4452
Ohrigstad
Chairperson:
Fritz Marx
E-Mail: OhrigstadBV@gmail.com
Cell: +27 (0) 82 946 2333
Springbokvlakte
Chairperson:
Andries Groothof
E-Mail: admin@adaja.co.za
Cell: +27 (0) 82 453 4366
Tuinplaas
Chairperson:
Karel Burger
E-Mail: burger.kr@gmail.com
Cell: +27 (0) 82 817 3967
Watervalsrivier
Alldays Boerevereniging
Chairperson:
HJ Smit
E-mail: hjsmitvervoer@gmail.com
Cell: +27 (0) 72 3979679
Linton
Chairperson
Schalk van der Walt
E-Mail: kongoms53@gmail.com
Cell: +27 (0) 83 367 6891