

27 Maart 2017
Alhoewel grondhervorming die verantwoordelikheid van die regering is, is daar genoeg welwillendheid binne landbou om te help met implementering van ’n weldeurdagte model wat ekonomies sin maak. Agri Limpopo glo die Karaanplan is so ’n plan.
Die noodsaaklikheid om oplossings te vind vir die kwessies wat Suid Afrika tot op hede beroof het van suksesvolle grondhervorming, was nog nooit groter as wat dit tans is nie. Grondhervorming het verander van ’n speelveld waarop die spel van goedkoop politiek gespeel word tot ’n kookpot waarin bestandele vir ’n revolusie mildelik toegevoeg word. Beloftes oor radikale grondhervorming, aansprake oor “gronddiefstal” en beskuldigings van onwilligheid van grond-eienaars om werklike verandering teweeg te bring word vermeng met populisties-emosionele uitsprake wat nie die gevolge van hierdie mengsel verreken nie.
Teen hierdie agtergrond beywer Agri Limpopo hom vir die bevordering van inklusiewe ekonomiese groei wat daarop gemik is om ’n omgewing te skep waar-binne volhoubare landbou beoefen kan word. Saam met ander verantwoordelike rolspelers in landbou, word alle moontlike oplossings in belang van die land-bouer ondersoek. Vir hierdie doel het Agri Limpopo noue samewerking met ondermeer Landbank, landboubesighede, handelsbanke, die Pro-Agri groep, Afasa en Agri All Africa.
Instandhouding van privaatbesitreg en markwaarde van landbougrond, lê finan-siering van landbou in al sy fasette ten grondslag. Grondhervormingsplanne wat hierdie twee pilare van landboufinansiering verswak, bedreig voedeselsekerheid, volhoubaarheid van landbou en die totale ekonomie grootliks. Daarom het Agri Limpopo werk daarvan gemaak om die samevoeging van voorstelle uit die Nasionale Beplanningskomissie en die raamwerk vir grondhervorming soos vervat in Hoofstuk 6 van die NOP, as model vir grondhervorming te bevorder.
Volgens hierdie model (sogenaamde Karaanplan) word privaatbesitreg en markwaarde instandgehou en uitgebrei, risiko versprei tussen alle partye betrok-ke by ’n transaksie, benutting van skaalvoordele moontlik gemaak, vaardig-heidsoordrag en -opleiding bevorder, plattelandse gemeenskappe ontwikkel en plattelandse dorpe se ekonomië versterk.
Hierdie model se vertrekpunt is nie een van boetedoening of betaal van geskiedkundige skuld nie! Die vertrekpunt is ekonomiese simbiose wat toevallig ook die verlede van die land, politieke doelwitte en toekomsverwagtinge aanspreek. Die model verswak nie die balansstate van die ondernemers nie, maar versterk dit volgens gesonde ekonomiese beginsels. Dit skakel nuwe deelnemers in by die bestaande binnelandse- en uitvoerbemarkingsnetwerke met instandhouding van kwaliteitstandaarde en fitosanitêre voorskrifte.
Waarborge vir ’n ekonomies gesonde landboutoekoms verskaf deur politici is veel minder werd as ’n sterk burgerlike samelewing wat saam deel in die voordele van inklusiewe ekonomiese groei. Druk op die regering om fondse beskikbaar te stel vir ’n werkbare grondhervormingsprogram sal meer effektief toegepas kan word indien daar ’n bewese sodanige model beskikbaar is.
Daar is net te veel begunstigdes van grondhervorming wat nog nooit sukses kon smaak nie omdat die proses tot nou toe gebrekkig was in vele opsigte. Die regering se hantering van hul eie mislukkings was hoofsaaklik deur die blaam te plaas op grondeienaars, georganiseerde landbou, geen toegang tot markte vir beginnerboere, uitermate hoë grondpryse en velerlei ander faktore. Die feit is dat onbeholpe amptenare, onvoldoende staatsfondse, wanaanwending van fondse, bedrog, en ’n proses waardeur nuwe landbouers nie titelaktes kry nie en dus nie produksiefinansiering kan bekom nie, verswyg word.
Die werk wat tans gedoen word poog om hierdie tekortkomings uit te skakel. Dit sal daartoe lei dat die Karaanplan die basismodel sal wees vir grondhervor-mingsprojekte is SA.
Agri Limpopo sal aanhou werk om ’n landbousektor in SA te ontwikkel wat in die groeiende vraag na voedsel en vesel sal kan voorsien. ’n Landbousektor van boere – nie swart en wit boere nie! Dit sal noodwendig ’n landbousektor moet wees waarin hande gevat sal moet word. Nie omdat dit afgedwing word nie, maar omdat dit die ekonomies sinvolle ding is om te doen.
Navrae:
Dr Theo de Jager – Voorsitter Agri Limpopo Landbou-ontwikkelingskomitee 082 332 2110
Willem van Jaarsveld – HUB Agri Limpopo 082 451 7913
Koraal
Secretary:
Naomi Excell
E-Mail: admin@agrilimpopo.co.za
Tel : +27 (0) 15 307 2725
Tel : +27 (0) 15 307 3509
Weipe
Chairperson:
Pieter Esterhuyse
E-Mail: pieter@overvlakte.co.za
Cell: +27 (0) 83 653 4871
Loskop
Chairperson:
Danie van der Heever
E-Mail: danie@jfdfarms.co.za
Cell: +27 (0) 82 777 1246
Hoedspruit
Chairperson:
Flip Roodt
E-Mail: roodtpj@gmail.com
Cell : +27 (0) 82 493 4170
Bosveld
Chairperson
Cobus Coetzee
E-Mail: agribosveld@hotmail.com
Cell : +27 (0) 82 800 6287
Lephalale
Chairperson:
Douw Pelser
E-Mail: douw@trophysafaris.co.za
Cell : +27 (0) 82 302 3773
Agri Letaba DLU
Chairperson:
Pieter Vorster
E-mail: pieter@mahela.co.za
Cell : +27 (0) 83 259 5511
Nzelele
Chairperson:
Evert van Deventer
E-Mail: evert@maswiri.co.za
Cell: +27 (0) 78 638 4452
Ohrigstad
Chairperson:
Fritz Marx
E-Mail: OhrigstadBV@gmail.com
Cell: +27 (0) 82 946 2333
Springbokvlakte
Chairperson:
Andries Groothof
E-Mail: admin@adaja.co.za
Cell: +27 (0) 82 453 4366
Tuinplaas
Chairperson:
Karel Burger
E-Mail: burger.kr@gmail.com
Cell: +27 (0) 82 817 3967
Watervalsrivier
Alldays Boerevereniging
Chairperson:
HJ Smit
E-mail: hjsmitvervoer@gmail.com
Cell: +27 (0) 72 3979679
Linton
Chairperson
Schalk van der Walt
E-Mail: kongoms53@gmail.com
Cell: +27 (0) 83 367 6891