budget speech 2018 – Agri Limpopo

Agri SA se verwagtinge van die 2018-begrotingsrede
Agri SA se verwagtinge van die 2018-begrotingsrede

Dit is só dat die jaarlikse nasionale begrotingsrede ‘n geleentheid in Suid-Afrika is waarvan daar groot gewag gemaak word. Tesame met die positiewe veranderinge wat tans plaasvind in die politieke landskap, word daar verwag dat die Februarie 2018-begrotingsrede beslis aandag sal geniet – nie net van die besigheidsektor en individue binne Suid-Afrika nie maar ook buite die land.

Graderingsagentskappe sal fyn luister na die begrotingsrede. Volgens Agri SA se president, Dan Kriek, bestaan daar ‘n risiko dat Suid-Afrika verdere kredietafgradings in die gesig kan staar indien die begrotingsrede nie die graderingsagentskappe gerusstel nie; daarom sal die begroting hierdie agentskappe tevrede moet stel dat Suid-Afrika verbind is tot handhawing van die geloofwaardigheid van sy fiskale raamwerk en bestedingsplafon.

Volgens die mediumtermynbegrotingsraamwerk (MTBR) van Oktober verlede jaar, sou Suid-Afrika belastinginkomstetekorte van ongeveer R50,8 miljard vir 2017 en R69,3 miljard in 2018 aanteken. Teen 2020/21 sal ongeveer 15% van die staat se inkomste bestee word om skuld af te betaal. Die land se begrotingstekort word gestel op 61% van die bruto binnelandse produk (BBP) teen 2020/21.

Die befondsing van gratis tersiêre onderrig[1] en sukkelende ondernemings in staatsbesit (SOE’s) is sleutel oorwegings vir die opkomende begroting. Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAA) en Eskom is voorbeelde van SOE’s wat ‘n geweldige las op die fiskus plaas. Daar word geraam dat SAA befondsing van ongeveer R8 miljard teen Maart 2018 en Eskom ongeveer R20 miljard teen Mei/Junie 2018 sal benodig.

Die begroting sal ‘n duidelike aanduiding moet gee van die spesifieke stappe en strategieë wat gevolg sal word om te verseker dat die stygende begrotingstekort in toom gehou word. Gedempte ekonomiese groei, beperk die potensiaal vir aansienlike belastingverhogings sonder om ekonomiese groei verder te kortwiek. Die Wêreldbank verwag dat Suid-Afrika se BBP op 1,1% in 2018 en 1,7% in 2019/20 te staan sal kom.

Die verwagting is egter dat belastinginkomste met ten minste R30 miljard sal toeneem. Agri SA hoop dat uitgawe-besnoeiing, en veral verkwisting, asook besparingsmaatreëls, ‘n aansienlike komponent van die spesifieke stappe en strategieë soos uiteengesit in die begrotingsrede sal uitmaak. Enige belastingverhoging moet die bestaande las op ‘n reeds oorbelaste belastingbasis in ag neem.

Terwyl beter toegang tot tersiêre onderrig ‘n prysenswaardige doelwit is, behoort verhoogde effektiwiteit van bestaande besteding aan onderrig, byvoorbeeld beter gehalte primêre en sekondêre onderwys, ook oorweeg word. Stappe om die doeltreffendheid en effektiwiteit van SOE’s te verbeter is uiters noodsaaklik. Verkwiste uitgawes moet uitgeskakel word en uitermatige vergoeding aan die senior bestuur van sukkelende SOE’s moet herevalueer word.

Die landbou het ongelukkig relatief min aandag in die mediumtermynbegrotingsraamwerk (MTBR) van Oktober verlede jaar geniet. Die landbousektor was die beste presteerder oor drie kwartale van 2017 en die grootste bydraer tot die 2%-groei in BBP in die derde kwartaal. Daar was geen verwysing in die MTBR na die landbousektor se bydrae tot ekonomiese groei of na die swaarkry van boere wat deur voortslepende droogtes geaffekteer word nie. ‘n Verdere rede vir kommer is die gebeurlikheidsreserwe wat tot ‘n skamele R16 miljard oor die volgende drie jaar verminder is. Dit was onduidelik watter impak dit sou hê op noodhulp in krisissituasies soos die hardnekkige droogte.

Die droogtesituasie in die Oos-, Noord- en veral Wes-Kaap hou steeds ‘n geweldige risiko in vir voedselproduksie, die impak waarvan mettertyd duidelik sal word, en verg dus dringend aandag.

Agri SA hoop dat die landbou meer aandag in die 2018-begroting sal geniet. Die organisasie beveel aan dat die begroting toereikende hulpbronne beskikbaar sal stel om die impak van die droogte op boere te versag en voorsiening sal maak vir die nodige infrastruktuur om die landboubedryf se mededingendheid ‘n hupstoot te gee en sodoende ‘n verbetering in voedselproduksie en werksgeleenthede in die sektor bewerkstellig.

[1] Vir studente in huishoudings met ‘n gesamentlike jaarlikse inkomste van R350 000.

Uitgereik deur Agri SA, Direktoraat:  Korporatiewe Skakeling

Navrae

Dr Requier Wait, Hoof: Ekonomie en Handel, Agri SA, 012-643 3400 of 073 304 0932

Mnr Hamlet Hlomendlini, Hoof-ekonoom, Agri SA, 012-643 3400 of 082 957 9064

The post Agri SA se verwagtinge van die 2018-begrotingsrede appeared first on Agri Limpopo.