press release – Agri Limpopo

Agri Limpopo Mediaverklaring – SONA 2018
Mediaverklaring

SONA 2018

Agri Limpopo is opgewonde oor die nuwe aanslag wat President Cyril Ramaphosa op die strukturele ekonomiese probleme soos armoede, werkloosheid en ‘n lae investeringsaptyt in Suid Afrika het, en is daartoe verbind om met sy strewe tot ekonomiese groei saam te werk.

Dit lyk en klink allerweë of hy bereid is om die sweep te klap teen korrupsie, nepotisme en wanadministrasie, wat Limpopo oor die afgelope dekade gekniehalter het.

Vanwee die praktyk van kaderoptplooiïng lê die wortels van hierdie probleme diep in die samestelling van bykans elke departement, en dit sal meer as net die regte uitsprake kos om daarvan ontslae te raak.

Dit is steeds ‘n raaisel hoe die ANC hoop om investering, werkskepping, ekonomiese groei en verhoogde produksie in die landbousektor te stimuleer met ‘n beleid van onteiening sonder vergoeding! Kapitaal is so skugter soos ‘n koedoe, en as dit skrik, hardloop dit weg. Hierdie beleid van die ANC skep juis die onsekerheid wat investering en groei inhibeer.

Hoewel dit deur ‘n resolusie en meerderheidstem die amptelike beleid van die ANC geword het, is die Nasionale Ontwikkelingsplan op dieselfde wyse in 2012 in Mangaung eenparig as ANC beleid aanvaar. Hierdie plan is nie met onteiening sonder vergoeding versoenbaar nie, en die grondhervormingsplan in Hoofstuk 6 daarvan is sedert 2012 nooit met implementeringsprogramme of ‘n begroting ondersteun nie.

President Ramaphosa was destyds die voorsitter van die Nasionale Beplanningskommissie wat die plan geformuleer het, en is bewus van talle pogings wat deur privaatsektorbelanghebbendes soos Agri Limpopo, landboubesighede, Landbank, ander banke en buitelandse investeerders geloods is om die Hoofstuk 6-plan te laat werk.

Die vennootskapgebasseerde grondhervormingsmodel van die NOP is steeds die enigste plan wat wye steun onder politieke partye en die privaatsektor geniet, en tot dusver met ‘n 100% suksessyfer geïmplementeer is. Dit maak onteiening sonder vergoeding oorbodig en sinneloos.

Agri Limpopo doen weereens ‘n beroep op President Ramaphosa om landbouleiers oor ‘n wye spektrum te betrek by gesprekke oor die beste manier om die landbousektor te ontwikkel in SA.

Navrae:

Dr Theo de Jager – Agri Limpopo Landbou-ontwikkelingskomitee 082 332 2110

Willem van Jaarsveld HUB agri Limpopo 082 451 7913

The post Agri Limpopo Mediaverklaring – SONA 2018 appeared first on Agri Limpopo.

Agri SA se verwagtinge van die 2018-begrotingsrede
Agri SA se verwagtinge van die 2018-begrotingsrede

Dit is só dat die jaarlikse nasionale begrotingsrede ‘n geleentheid in Suid-Afrika is waarvan daar groot gewag gemaak word. Tesame met die positiewe veranderinge wat tans plaasvind in die politieke landskap, word daar verwag dat die Februarie 2018-begrotingsrede beslis aandag sal geniet – nie net van die besigheidsektor en individue binne Suid-Afrika nie maar ook buite die land.

Graderingsagentskappe sal fyn luister na die begrotingsrede. Volgens Agri SA se president, Dan Kriek, bestaan daar ‘n risiko dat Suid-Afrika verdere kredietafgradings in die gesig kan staar indien die begrotingsrede nie die graderingsagentskappe gerusstel nie; daarom sal die begroting hierdie agentskappe tevrede moet stel dat Suid-Afrika verbind is tot handhawing van die geloofwaardigheid van sy fiskale raamwerk en bestedingsplafon.

Volgens die mediumtermynbegrotingsraamwerk (MTBR) van Oktober verlede jaar, sou Suid-Afrika belastinginkomstetekorte van ongeveer R50,8 miljard vir 2017 en R69,3 miljard in 2018 aanteken. Teen 2020/21 sal ongeveer 15% van die staat se inkomste bestee word om skuld af te betaal. Die land se begrotingstekort word gestel op 61% van die bruto binnelandse produk (BBP) teen 2020/21.

Die befondsing van gratis tersiêre onderrig[1] en sukkelende ondernemings in staatsbesit (SOE’s) is sleutel oorwegings vir die opkomende begroting. Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAA) en Eskom is voorbeelde van SOE’s wat ‘n geweldige las op die fiskus plaas. Daar word geraam dat SAA befondsing van ongeveer R8 miljard teen Maart 2018 en Eskom ongeveer R20 miljard teen Mei/Junie 2018 sal benodig.

Die begroting sal ‘n duidelike aanduiding moet gee van die spesifieke stappe en strategieë wat gevolg sal word om te verseker dat die stygende begrotingstekort in toom gehou word. Gedempte ekonomiese groei, beperk die potensiaal vir aansienlike belastingverhogings sonder om ekonomiese groei verder te kortwiek. Die Wêreldbank verwag dat Suid-Afrika se BBP op 1,1% in 2018 en 1,7% in 2019/20 te staan sal kom.

Die verwagting is egter dat belastinginkomste met ten minste R30 miljard sal toeneem. Agri SA hoop dat uitgawe-besnoeiing, en veral verkwisting, asook besparingsmaatreëls, ‘n aansienlike komponent van die spesifieke stappe en strategieë soos uiteengesit in die begrotingsrede sal uitmaak. Enige belastingverhoging moet die bestaande las op ‘n reeds oorbelaste belastingbasis in ag neem.

Terwyl beter toegang tot tersiêre onderrig ‘n prysenswaardige doelwit is, behoort verhoogde effektiwiteit van bestaande besteding aan onderrig, byvoorbeeld beter gehalte primêre en sekondêre onderwys, ook oorweeg word. Stappe om die doeltreffendheid en effektiwiteit van SOE’s te verbeter is uiters noodsaaklik. Verkwiste uitgawes moet uitgeskakel word en uitermatige vergoeding aan die senior bestuur van sukkelende SOE’s moet herevalueer word.

Die landbou het ongelukkig relatief min aandag in die mediumtermynbegrotingsraamwerk (MTBR) van Oktober verlede jaar geniet. Die landbousektor was die beste presteerder oor drie kwartale van 2017 en die grootste bydraer tot die 2%-groei in BBP in die derde kwartaal. Daar was geen verwysing in die MTBR na die landbousektor se bydrae tot ekonomiese groei of na die swaarkry van boere wat deur voortslepende droogtes geaffekteer word nie. ‘n Verdere rede vir kommer is die gebeurlikheidsreserwe wat tot ‘n skamele R16 miljard oor die volgende drie jaar verminder is. Dit was onduidelik watter impak dit sou hê op noodhulp in krisissituasies soos die hardnekkige droogte.

Die droogtesituasie in die Oos-, Noord- en veral Wes-Kaap hou steeds ‘n geweldige risiko in vir voedselproduksie, die impak waarvan mettertyd duidelik sal word, en verg dus dringend aandag.

Agri SA hoop dat die landbou meer aandag in die 2018-begroting sal geniet. Die organisasie beveel aan dat die begroting toereikende hulpbronne beskikbaar sal stel om die impak van die droogte op boere te versag en voorsiening sal maak vir die nodige infrastruktuur om die landboubedryf se mededingendheid ‘n hupstoot te gee en sodoende ‘n verbetering in voedselproduksie en werksgeleenthede in die sektor bewerkstellig.

[1] Vir studente in huishoudings met ‘n gesamentlike jaarlikse inkomste van R350 000.

Uitgereik deur Agri SA, Direktoraat:  Korporatiewe Skakeling

Navrae

Dr Requier Wait, Hoof: Ekonomie en Handel, Agri SA, 012-643 3400 of 073 304 0932

Mnr Hamlet Hlomendlini, Hoof-ekonoom, Agri SA, 012-643 3400 of 082 957 9064

The post Agri SA se verwagtinge van die 2018-begrotingsrede appeared first on Agri Limpopo.

Agri SA Mediaverklaring: Die gronddebat by Graan SA duur voort op ’n positiewe noot
9 Maart 2018

Hierdie week was die gronddebat wat verband hou met onteiening sonder vergoeding die fokuspunt van die Graan SA-kongres. In egte demokratiese styl is die vloer geopen om ’n verskeidenheid sienswyses oor die onderwerp aan te hoor, “Dit was goed om begrip te hê vir die harte en gedagtes van mense en ons het ’n baie konstruktiewe debat verwelkom” sê Dan Kriek, President van Agri SA.

Vanuit ’n boerderyperspektief is dit noodsaaklik om die grondwet en eiendomsreg te beskerm. Graan SA het dit reggekry om konsensus te bereik oor baie belangrike beginsels met die grondbeginsels van volhoubaarheid en voedselsekerheid as die belangrikste kwessies. “Ons sal voortgaan met hierdie debat en sal voortgaan om te verstaan en konstruktiewe bydraes te lewer soos die voorbeeld wat in Graan SA se kongres gestel is” het Kriek opgemerk.

Die finale uitkoms was dat Graan SA grondhervorming op ’n volhoubare wyse om ekonomiese groei en voedselsekerheid in stand te hou, ondersteun het. Die onderskeie groepe het ooreengekom dat die dialoog oor grondhervorming sal voortgaan, tesame met handhawing van die huidige Grondwet.

“Op die ou end gaan dit nie net oor boerdery en landbou nie, maar oor die grondbeginsels in ons demokrasie wat op die spel is, ons sien hierdie gesprekke in ’n baie ernstige lig en ons ondersteun Graan SA ten volle in alles wat hulle aanpak” se Kriek.

Uitgereik deur Agri SA, Direktoraat:  Korporatiewe Skakeling

Navrae

Mnr Dan Kriek, President Agri SA, 082 944 0566

Mnr Omri van Zyl, Uitvoerende Direkteur, Agri SA, 012-643 3400 of 082 417 5724

The post Agri SA Mediaverklaring: Die gronddebat by Graan SA duur voort op ’n positiewe noot appeared first on Agri Limpopo.

Persverklaring: Dringende Aksie Nodig Teen Toenemende Plaasaanvalle
Agri SA spreek sy kommer uit oor die skokkende toename in plaasaanvalle en versoek ‘n dringende vergadering met die nuut aangestelde Minister van Polisie en Nasionale Kommissaris om hierdie saak van nasionale belang, te bespreek. Plaasaanvalle het in die vorige jaar met 22 persent en moorde met 27 persent toegeneem en soos berig is het 6 plaasaanvalle die afgelope week voorgekom.

“Sekere van die boere en plaaswerkers is brutaal aangeval en daarom doen ons ‘n beroep op ons boerderygemeenskap om hul paraatheid verder te verskerp. Binne Agri SA en ons provinsiale organisasies sal ons alles in ons vermoë doen om plaasaanvalle te probeer voorkom”, sê Dan Kriek, president van Agri SA.

Agri SA het reeds die nuut aangestelde Minister van Polisie, asook Nasionale Kommissaris genader om die dringendheid van die voortslepende plaasgeweld en die effek wat dit op boerderygemeenskappe het, te bespreek. Aspekte soos die finalisering van die hersiene Landelike Beveiligingstrategie, asook die reservistestelsel sal van die aspekte wees wat bespreek word. ‘n Goed funksionerende reservistestelsel wat toeganklik is vir die boerderygemeenskap om daaraan deel te neem, is die ruggraat vir landelike beveiliging.

Agri SA bly verbind om ‘n oplossing in samewerking met gevestigde owerheid- en burgerlike strukture, te vind. Hoewel daar onlangs grootskaalse buitelandse aandag op plaasaanvalle gevestig is, soek Suid-Afrikaanse boere nie versekering van die buiteland nie, maar van hul eie regering.

“Plaaswerkers en boere is uiters kosbare hulpbronne wie nodig is om voedselsekerheid en landelike stabiliteit te waarborg. Daarom moet hulle behoorlik beskerm word om kos vir die nasie te verseker, iets wat hulle by uitnemendheid regkry.”

Navrae

Dan Kriek (President)

082 944 0566

Kobus Visser (Hoof: Landelike Veiligheid)

082 388 0010

The post Persverklaring: Dringende Aksie Nodig Teen Toenemende Plaasaanvalle appeared first on Agri Limpopo.

Agri SA Persverklaring: Agri SA Loods Water Sentrum
PERSVERKLARING

Agri SA het sy toegewyde Water Sentrum vandag geloods wat gaan fokus op die prioriteit om regverdige toegang tot water vir Suid Afrikaans boere te verseker. Hierdie inisiatief is in reaksie op die verskeidenheid uitdagings wat landbou-watergebruikers in die gesig staar, wat uiterste droogte, klimaatsverandering en water-infrastruktuur wat nie behoorlik in stand gehou is nie, insluit. Die situasie is soveel meer dringend gegewe verskeie beleidsvoorstelle wat gelyktydig die koste van water kan verhoog terwyl die beskikbaarheid verlaag word.

Die Agri SA Water Sentrum sal ondermeer op water-beleid en wetgewende voorstelle soos die Nasionale Water en Sanitasie Meesterplan en die Nasionale Water Hulpbron Strategie fokus. Die huidige wysigings aan die Nasionale Waterwet sal byvoorbeeld die koste van water vir landbougebruikers bepaal, wat wys hoekom dit nodig is om met die regering en ander belanghebbendes van die begin af te skakel om  na ‘n regverdige resultaat te werk. Die Agri SA Water Sentrum sal ook insette tot die Water Navorsingskommissie (WRC) op navorsingprioriteite lewer en sal as forum optree vir top waterkundiges om hul insigte in a betekenisvolle manier te deel.

Die Agri SA Water Sentrum sal gelei word deur Janse Rabie, ‘n omgewingsprokureur en Hoof van Agri SA se Natuurlike Hulpbronne Sentrum van Uitnemendheid en Gregory Smith, a water-wetenskaplike. “Die Agri SA Water Sentrum gaan ‘n eenstop-sentrum vir Agri SA lede wees, waar hulle tydige informasie en advies op alles water-verwant kan kry,” het Janse Rabie gesê. “Gegewe die kompleksiteit van water-regte en die snelveranderende beleidsomgewing, glo ons dat ‘n toegewyde Water Sentrum die beste manier is om landbou-watergebruikers op hede te bly op alle regsontwikkelinge wat ‘n impak kan hê op die manier wat hulle boer en besigheid doen.”

“Agri SA is op die voorpunt van wetgewende en beleidsontwikkeling rakende die water-sektor in Suid Afrika. Agri SA poog om die regering en sleutelspelers in hierdie fundamentele area in samewerking en goeie navorsing-insigte te ondersteun,” het Dan Kriek, President van Agri SA gesê.

Agri SA nooi sy lede en ander belangstellende groepe om kontak met die Agri SA Water Sentrum te maak om uit te vind hoe hulle betrokke kan raak.

Navrae

Janse Rabie (Hoof Natuurlike Hulpbonne)

074 451 9601

Gregory Smith (Navorsingsassistent)084 214 1151

The post Agri SA Persverklaring: Agri SA Loods Water Sentrum appeared first on Agri Limpopo.

Ter Nagedagtenis: Schalk Pienaar
Dit is met groot hartseer dat Agri SA van Schalk Pienaar se afsterwe verneem. Schalk was ‘n leidende figuur binne landbou en het ‘n groot rol gespeel om georganiseerde landbou verder uit te brei en te verstewig. Schalk het in verskeie leierskaprolle gedien binne die landbou-waardeketting, insluitend Suidwes Beleggings, Premier Foods en die Graantrust. Schalk het teen tyde van sy afsterwe as Voorsitter van Agbiz gedien.

“Ek het Schalk binne Vrystaat Landbou leer ken. Hy was ten spyte van baie ander verantwoordelikhede vir meer as vier jaar betrokke by Vrystaat Landbou se uitvoerende bestuur. Ek het Schalk ook op die dagbestuur van Vrystaat Landbou gekoöpteer en sy bydra was deurgaans van onskatbare waarde. Ek sal hom onthou as ‘n ware heer en gentleman en ook ‘n indrukwekkende orator. Hy het uitsonderlike finesse gehad om enige saak met kalmte te hanteer en sodanig konsensus gevind,” het Dan Kriek, President van Agri SA gesê. “Hy was ‘n man van ware integriteit en ek sal hom baie mis. Suid-Afrika se landbouprodusente is Schalk Pienaar baie dank en erkenning verskuldig”.

Agri SA se bestuur en personeel wens Schalk se familie sterkte toe in hierdie moeilike tyd.

Navrae

Thea Liebenberg (Media Skakelbeampte)

082 388 0008

The post Ter Nagedagtenis: Schalk Pienaar appeared first on Agri Limpopo.

Nugtere debat oor grond verwelkom, maar onsekerheid oor kwessie van vergoeding duur voort
“Agri SA verwelkom die in-diepte en nugtere debat wat die naweek binne ANC geledere oor die grondkwessie plaasgevind het” sê Ernest Pringle, voorsitter van Agri SA se Grond Sentrum van Uitnemendheid.  Die erkenning van die leierskap van die ANC dat ‘n gebrek aan implementering ‘n reuse rol gespeel het in die faling van die grondhervormingsprogramme tot dusver, is ‘n belangrike stap vorentoe.  Dit moet verwelkom word dat daar behoorlik besin is oor die aanbevelings van die verslag van die Hoëvlak-Paneel op Sleutelwetgewing, wat duidelik aantoon wat die werklike struikelblokke in die weg van grondhervorming is.  Dit is ook positief dat daar soveel klem gelê is op die belang van stedelike behuising en op die feit dat grond in kommunale gebiede se potensiaal, tot voordeel van daardie gemeenskappe ontsluit moet word. Kommersiële landbougrond is maar een element van grondhervorming, stedelike grond en kommunale areas is twee baie belangrike elemente wat tot dusver redelik afgeskeep is in die debat.

Agri SA vind dit egter teleurstellend dat die onsekerheid oor die ANC se standpunt oor die wysigings al dan nie van artikel 25 skynbaar nie opgeklaar is nie.  Hierdie onsekerheid en onduidelikheid oor watter tipe grond moontlik geteiken kan word vir onteiening sonder vergoeding en hoe dit sal gebeur is besig om negatief op die sektor en die ekonomie in die breë te impakteer.  Agri SA se standpunt is dat die Grondwet nie gewysig behoort te word nie.  Agri SA sal hierdie week die organisasie se voorlegging oor die kwessie van onteiening sonder vergoeding by die Grondwetlike Hersieningskomitee indien.

Navrae

Mnr Ernest Pringle, Voorsitter van Agri SA se Sentrum

van Uitnemendheid oor Grondsake

087 803 5699

Me Annelize Crosby, Hoof:  Grondsake, Agri SA

082 388 0017

The post Nugtere debat oor grond verwelkom, maar onsekerheid oor kwessie van vergoeding duur voort appeared first on Agri Limpopo.