

Mediaverklaring
SONA 2018
Agri Limpopo is opgewonde oor die nuwe aanslag wat President Cyril Ramaphosa op die strukturele ekonomiese probleme soos armoede, werkloosheid en ‘n lae investeringsaptyt in Suid Afrika het, en is daartoe verbind om met sy strewe tot ekonomiese groei saam te werk.
Dit lyk en klink allerweë of hy bereid is om die sweep te klap teen korrupsie, nepotisme en wanadministrasie, wat Limpopo oor die afgelope dekade gekniehalter het.
Vanwee die praktyk van kaderoptplooiïng lê die wortels van hierdie probleme diep in die samestelling van bykans elke departement, en dit sal meer as net die regte uitsprake kos om daarvan ontslae te raak.
Dit is steeds ‘n raaisel hoe die ANC hoop om investering, werkskepping, ekonomiese groei en verhoogde produksie in die landbousektor te stimuleer met ‘n beleid van onteiening sonder vergoeding! Kapitaal is so skugter soos ‘n koedoe, en as dit skrik, hardloop dit weg. Hierdie beleid van die ANC skep juis die onsekerheid wat investering en groei inhibeer.
Hoewel dit deur ‘n resolusie en meerderheidstem die amptelike beleid van die ANC geword het, is die Nasionale Ontwikkelingsplan op dieselfde wyse in 2012 in Mangaung eenparig as ANC beleid aanvaar. Hierdie plan is nie met onteiening sonder vergoeding versoenbaar nie, en die grondhervormingsplan in Hoofstuk 6 daarvan is sedert 2012 nooit met implementeringsprogramme of ‘n begroting ondersteun nie.
President Ramaphosa was destyds die voorsitter van die Nasionale Beplanningskommissie wat die plan geformuleer het, en is bewus van talle pogings wat deur privaatsektorbelanghebbendes soos Agri Limpopo, landboubesighede, Landbank, ander banke en buitelandse investeerders geloods is om die Hoofstuk 6-plan te laat werk.
Die vennootskapgebasseerde grondhervormingsmodel van die NOP is steeds die enigste plan wat wye steun onder politieke partye en die privaatsektor geniet, en tot dusver met ‘n 100% suksessyfer geïmplementeer is. Dit maak onteiening sonder vergoeding oorbodig en sinneloos.
Agri Limpopo doen weereens ‘n beroep op President Ramaphosa om landbouleiers oor ‘n wye spektrum te betrek by gesprekke oor die beste manier om die landbousektor te ontwikkel in SA.
Navrae:
Dr Theo de Jager – Agri Limpopo Landbou-ontwikkelingskomitee 082 332 2110
Willem van Jaarsveld HUB agri Limpopo 082 451 7913
Koraal
Secretary:
Naomi Excell
E-Mail: admin@agrilimpopo.co.za
Tel : +27 (0) 15 307 2725
Tel : +27 (0) 15 307 3509
Weipe
Chairperson:
Pieter Esterhuyse
E-Mail: pieter@overvlakte.co.za
Cell: +27 (0) 83 653 4871
Loskop
Chairperson:
Danie van der Heever
E-Mail: danie@jfdfarms.co.za
Cell: +27 (0) 82 777 1246
Hoedspruit
Chairperson:
Flip Roodt
E-Mail: roodtpj@gmail.com
Cell : +27 (0) 82 493 4170
Bosveld
Chairperson
Cobus Coetzee
E-Mail: agribosveld@hotmail.com
Cell : +27 (0) 82 800 6287
Lephalale
Chairperson:
Douw Pelser
E-Mail: douw@trophysafaris.co.za
Cell : +27 (0) 82 302 3773
Agri Letaba DLU
Chairperson:
Pieter Vorster
E-mail: pieter@mahela.co.za
Cell : +27 (0) 83 259 5511
Nzelele
Chairperson:
Evert van Deventer
E-Mail: evert@maswiri.co.za
Cell: +27 (0) 78 638 4452
Ohrigstad
Chairperson:
Fritz Marx
E-Mail: OhrigstadBV@gmail.com
Cell: +27 (0) 82 946 2333
Springbokvlakte
Chairperson:
Andries Groothof
E-Mail: admin@adaja.co.za
Cell: +27 (0) 82 453 4366
Tuinplaas
Chairperson:
Karel Burger
E-Mail: burger.kr@gmail.com
Cell: +27 (0) 82 817 3967
Watervalsrivier
Alldays Boerevereniging
Chairperson:
HJ Smit
E-mail: hjsmitvervoer@gmail.com
Cell: +27 (0) 72 3979679
Linton
Chairperson
Schalk van der Walt
E-Mail: kongoms53@gmail.com
Cell: +27 (0) 83 367 6891