Bonsmaras presteer in uitdagende omstandighede

agrilimpopo wheat blueprint
Wheat genome blueprint accelerates innovation
September 17, 2018
qatar agrilimpopo
Trade between Qatar & South Africa rises by 70% post-blockade
September 19, 2018

Bonsmaras presteer in uitdagende omstandighede

Net ’n klipgooi weg van die Bonsmarabeesras se geboorteplek bykans 60 jaar gelede loop die Soutpansberg Bonsmarakudde op die plaas Spitskop in Limpopo.

Die plaas Spitskop, die tuiste van die Soutpansberg Bonsmarastoetery, is geleë langs die Mara-navorsingsentrum. Daar het prof. Jan Bonsma met keurige seleksie en kruisteling die Bonsmara-beesras ontwikkel vir Suider-Afrikaanse toestande. Soutpansberg Bonsmara is in 2009 geregistreer.Die gebied is bekend as een van die strafste gebiede vir siektes, soos hartwater, Asiatiese en Afrika-rooiwater en galsiekte. Bonsmaras is taai geteel om nie net te oorleef nie, maar ook op kommersiële vlak en as teeldiere te presteer.Die einste gehardheid en vermoë om by Afrika se unieke probleme aan te pas, het die Bonsmara as Suid-Afrika se grootste ras gevestig. Die plaas is omring deur wildplase wat in dié omgewing vir natuurliefhebbers, wildtelers en jagters belangrik is. Maar wild soos wildebeeste (snotsiekte) en buffels (tuberkulose) hou ’n gesondheidsbedreiging vir beesboere in. Die verspreiding van siektes, soos brucellose, deur jakkalse is ’n moontlikheid waarvoor voorsorg en goeie bestuur nodig is en wat die span van Soutpansberg Bonsmara uitstekend vermag.

Lees meer HIER

Do NOT follow this link or you will be banned from the site!