

Koeihakkigheid is wanneer die agterbene se kniegewrigte na binne gedraai is sodat die tone na buite draai en oneweredige slytasie op die kloue kan veroorsaak waar al die gewig dan deur die buiteklou gedra word.
’n Verdere problem met koeihakkigheid is, wanneer die gewrigte in die agterbene nie in die korrekte posisie is nie, die gewrigte in die rug waarskynlik ook nie korrek sal wees nie. So ’n dier sal nie goed in die skouring of vir aanteeldoeleindes presteer nie. By teelbulle sal veral dekking ’n probleem wees aangesien’n groot deel van die gewig op die gewrigte geplaas word, wat sal veroorsaak dat die heupe later ook probleme soos gewrigsontsteking (artritis) kan ontwikkel. Wanneer ’n bul ’n koei dek, maak hy sy agterbene se gewrigte reguit en wanneer hy haar penetreer en deurstamp, plaas dit enorme drukking op die kniegewrigte.
Koeihakkige bulle is geneig om hulle balans te verloor en baie keer af te val en so hulle geslagsdele te beseer. ’n Maklike toets by alle agterbeenkonstruksie is die “spoortoets”. Wanneer ’n struktureel korrekte bul loop, sal hy sy agterklou in presies dieselfde spoor plaas wat die voorklou gelos het, maar indien ‘n bul of koei koeihakkig is sal die agterspoor aan die buitekant van die voorspoor getrap word.
As gevolg van die ekstra gewig wat die klou moet dra, sal die buiteklou groter as die binneklou wees. Die hoefsnoeier sal meer van die buiteklou moet wegsny, wat dan sal help dat die kootgewrigte agter oopmaak, om sodoende die lyn van die heup na die koot en die gewrig reguit te trek. Koeihakkigheid is beslis oorerflik. Die toestand kan vererger met faktore soos oorvoeding, mineraaltekorte, sagte grond ensovoorts. Die oorgroei moenie verwar word met rolkloue nie. Van agter af moet daar ’n reguit lyn vorm oor die metatarsis, die tibia en die kniegewrig.
Bron:ProAgri
Koraal
Secretary:
Naomi Excell
E-Mail: admin@agrilimpopo.co.za
Tel : +27 (0) 15 307 2725
Tel : +27 (0) 15 307 3509
Weipe
Chairperson:
Pieter Esterhuyse
E-Mail: pieter@overvlakte.co.za
Cell: +27 (0) 83 653 4871
Loskop
Chairperson:
Danie van der Heever
E-Mail: danie@jfdfarms.co.za
Cell: +27 (0) 82 777 1246
Hoedspruit
Chairperson:
Flip Roodt
E-Mail: roodtpj@gmail.com
Cell : +27 (0) 82 493 4170
Bosveld
Chairperson
Cobus Coetzee
E-Mail: agribosveld@hotmail.com
Cell : +27 (0) 82 800 6287
Lephalale
Chairperson:
Douw Pelser
E-Mail: douw@trophysafaris.co.za
Cell : +27 (0) 82 302 3773
Agri Letaba DLU
Chairperson:
Pieter Vorster
E-mail: pieter@mahela.co.za
Cell : +27 (0) 83 259 5511
Nzelele
Chairperson:
Evert van Deventer
E-Mail: evert@maswiri.co.za
Cell: +27 (0) 78 638 4452
Ohrigstad
Chairperson:
Fritz Marx
E-Mail: OhrigstadBV@gmail.com
Cell: +27 (0) 82 946 2333
Springbokvlakte
Chairperson:
Andries Groothof
E-Mail: admin@adaja.co.za
Cell: +27 (0) 82 453 4366
Tuinplaas
Chairperson:
Karel Burger
E-Mail: burger.kr@gmail.com
Cell: +27 (0) 82 817 3967
Watervalsrivier
Alldays Boerevereniging
Chairperson:
HJ Smit
E-mail: hjsmitvervoer@gmail.com
Cell: +27 (0) 72 3979679
Linton
Chairperson
Schalk van der Walt
E-Mail: kongoms53@gmail.com
Cell: +27 (0) 83 367 6891