

‘n Dienende bestuurslid van Agri Limpopo, Dr Theo de Jager, is op 13 Junie 2017, in Helsinki Finland, verkies tot president van die World Farmers Organisation (WFO). Agri Limpopo wens Dr De Jager hartlik geluk met sy verkiesing. Drie kandidate was benoem gewees.
“Agri Limpopo bedank ook ons “buurman”, die CFU van Zimbabwe wat Dr De Jager genomineer het. Ons glo hierdie gebaar van die CFU was in belang van alle landbouers in Afrika en sal ook bestaande bande tussen Agri Limpopo en die CFU verder laat verstewig” het Leon Borcherds, president van Agri Limpopo gesê. “Die waardevolle insette wat Theo gemaak het met die vereniging van die verskillende landbou-organisasies in Zimbabwe, asook sy ervaring met onderhandelinge tussen die ZANU-PF regering en die ZFU om ‘n beter klimaat vir landbou-investering in Zimbabwe te skep, sal hopelik ook in Suid-Afrika benut word om groter eenheid onder landbourolspelers hier te bewerkstellig en beleggers na die landbousektor te trek, sake wat dringend nodig in belang van die land se toekoms. Agri Limpopo werk reeds aktief saam met TLU SA Noord, AFASA en NAFU in Limpopo aan groter eenheid in sake van gemeenskaplike belang” het Borcherds bygevoeg.
Dr de Jager se kennis van wêreldlandbousake speel ‘n deurslaggewende rol in inisiatiewe waarby Agri Limpopo en Agri All Africa, die organisasie wat SA boere se belange in Afrika beskerm en bevorder, betrokke is om die landbou-ekonomie in Limpopo en elders in Afrika deur “twinning” te bevorder. Hy is voorsitter van beide die Agri Limpopo Landbou-ontwikkelingskomitee en die direksie van Agri All Africa wat hierdie inisiatief bestuur in samewerking met die Limpopo regering.
Dr de Jager is ook instrumenteel in die verfyning van die grondhervormingsmodel in Hoofstuk 6 van die NOP. As voorsitter van hierdie komitee, wat onder leiding van Agri Limpopo gevorm is, gee hy rigting aan die proses wat reeds vêr gevorder is om ‘n volgende rondte van loodsprojekte van stapel te laat loop. “Dr de Jager se grondige kennis van kleinskaalse boere elders in Afrika en SA, sy goeie verhouding met besluitnemers in die landbouwaardeketting in SA en sy passie vir landbou-ontwikkeling wêreldwyd, maak van hom die geskikste kandidaat om leiding te gee in die prosesontwikkeling vir die Hoofstuk 6 plan” sê Willem van Jaarsveld, HUB van Agri Limpopo en onder-voorsitter van die Hoofstuk 6 komitee. “Hierin het Theo Agri Limpopo se heelhartige ondersteuning” het Van Jaarsveld bygevoeg.
Volgens Leon Borcherds het Dr de Jager oor tyd ‘n uiters waardevolle bydrae tot Agri Limpopo gemaak. Eers as voorsitter van sy plaaslike Boerevereniging in Trichardtsdal en lid van die bestuur van die plaaslike distriksboere-unie, Agri Letaba, later as president van Agri Limpopo en tans as voorsitter van die Landbou-ontwikkelingskomitee van Agri Limpopo. “Theo was nog altyd gereed om mede-boere te dien. Die feit dat hy al president van Agri Limpopo en vise-president van AgriSA was, het hom nie verhinder om sy huidige posisie as voorsitter van een van Agri Limpopo se funksionele komitees te word nadat hy by AgriSA vervang is as vise president nie. Ons glo Theo gaan uit sy nuwe amp baie put om waarde toe te voeg tot landbouers in Limpopo en elke vennoot van Agri Limpopo. Limpopo staan bekend as die “poort tot Afrika” en ons verwagting is dat Theo ‘n groot rol sal speel in ons bou van verhoudinge met landbou-organisasies in buurlande en verder noord in Afrika” het Borcherds bygevoeg.
“Ons ken Theo as ‘n bobaas netwerker. Elke organisasie en forum waarby hy betrokke is vind baat hierby. Dit is vir ons ‘n voorreg om hom so naby aan Agri Limpopo te kan hê” sê Leon Borcherds.
Vir navrae kontak / For enquiries contact:
Leon Borcherds : President Agri Limpopo 082 378 4621
Willem van Jaarsveld: HUB Agri Limpopo 082 451 7913
Koraal
Secretary:
Naomi Excell
E-Mail: admin@agrilimpopo.co.za
Tel : +27 (0) 15 307 2725
Tel : +27 (0) 15 307 3509
Weipe
Chairperson:
Pieter Esterhuyse
E-Mail: pieter@overvlakte.co.za
Cell: +27 (0) 83 653 4871
Loskop
Chairperson:
Danie van der Heever
E-Mail: danie@jfdfarms.co.za
Cell: +27 (0) 82 777 1246
Hoedspruit
Chairperson:
Flip Roodt
E-Mail: roodtpj@gmail.com
Cell : +27 (0) 82 493 4170
Bosveld
Chairperson
Cobus Coetzee
E-Mail: agribosveld@hotmail.com
Cell : +27 (0) 82 800 6287
Lephalale
Chairperson:
Douw Pelser
E-Mail: douw@trophysafaris.co.za
Cell : +27 (0) 82 302 3773
Agri Letaba DLU
Chairperson:
Pieter Vorster
E-mail: pieter@mahela.co.za
Cell : +27 (0) 83 259 5511
Nzelele
Chairperson:
Evert van Deventer
E-Mail: evert@maswiri.co.za
Cell: +27 (0) 78 638 4452
Ohrigstad
Chairperson:
Fritz Marx
E-Mail: OhrigstadBV@gmail.com
Cell: +27 (0) 82 946 2333
Springbokvlakte
Chairperson:
Andries Groothof
E-Mail: admin@adaja.co.za
Cell: +27 (0) 82 453 4366
Tuinplaas
Chairperson:
Karel Burger
E-Mail: burger.kr@gmail.com
Cell: +27 (0) 82 817 3967
Watervalsrivier
Alldays Boerevereniging
Chairperson:
HJ Smit
E-mail: hjsmitvervoer@gmail.com
Cell: +27 (0) 72 3979679
Linton
Chairperson
Schalk van der Walt
E-Mail: kongoms53@gmail.com
Cell: +27 (0) 83 367 6891