

‘n Gees van opgewondenheid oor die potensiaal van landbou en die toekoms van Suid-Afrika het Dinsdag soos ‘n vars bries deur die konferensiesaal van die Weesgerus-vakansieoord gewaai, tydens Agri Limpopo se jaarlikse indaba en kongres.
Een van die hoogtepunte van die kongres was die toespraak van die direkteur-generaal van die nasionale departement van landbou, bosbou en visserye, mnr Mike Mlengana — ‘n diep gelowige man wat sy mandaat in die sektor as ‘n geestelike opdrag uit ‘n hoër gesag beskou en gehoorsaam.
“Ek is in hierdie posisie omdat ek God se guns dra en ek is hier by julle omdat ek Hom dien wat julle en ek vrees.” So het hy sy toespraak begin en op dieselfde trant voortgegaan tot op die punt waar boere hom “Laat Heer U seën op hom daal” toegesing het, toe hy klaar gepraat het.
Mlengane, self ‘n boer, het dit gou duidelik gemaak dat hy weet waaroor landbou gaan en nie blind is vir die tekortkomings in die nasionale landboudepartement nie. “Ons kon skoolgaan en gaan leer omdat my pa beeste en mielies verkoop het. Landbou het vir ons deure oopgemaak,” sê hy.
Oor sy werk in die departement draai hy nie doekies om nie; hy erken dat daar baie foute gemaak is en baie dinge is wat reggemaak moet word. Hy het afgevaardigdes na die kongres vertel hoe ‘n voorligtingsbeampte by hom op die plaas aangekom en gekomplimenteer het op sy mooi Brahmane. “Die enigste probleem is, ek boer met Bonsmaras! Ons het nie die regte mense in die regte poste nie.”
Hy het dus ‘n private maatskappy aangestel om elke persoon in die departement te evalueer en vas te stel of daardie individu geskik is vir sy pos. “Vir die ouens wat nie geskik is nie, kry ek oorplasings na ander departemente. Ek soek die beste mense vir die werk in my departement.”
“Nou het julle ‘n DG vír boere eerder as ‘n DG ván landbou,” het me Marna de Lange van die organisasie Umsizi Sustainable Solutions tydens haar spreukbeurt by die kongres gesê. “Dis nou klimaatsverandering.”
Die oud-premier en politikus Dr Mathews Phosa het ‘n ewe inspirerende boodskap vir boere gebring. Hy het geen doekies omgedraai oor die magstryd tussen President Zuma en die minister van finansies, mnr Pravin Gordhan, nie.
“Daar is magte binne in die regering wat probeer om die hulpbronne van ons mense te kolonialiseer. Ons moet dit nie toelaat nie,” het hy gesê en ‘n be-roep op boere gedoen om sterk te staan en aan te hou om voedsel te produseer te midde van hierdie storms. “Moenie fokus verloor nie. Landbou het ‘n sleutelrol om te speel in die toekomstige ekonomiese groei van ons land.”
Phosa glo landbou kan ‘n sleutelrol speel in die vestiging van ekonomies sterk en stabiele landelike gebiede, en dat dit noodsaaklik gaan wees in die voortbestaan van die demokrasie.
Dr Theo de Jager van Agri Limpopo het op sy beurt vertel hoe die organisasie Limpopo se kleiner boere bystaan om koöperasies op die been te bring, om hul volle potensiaal in landbou te ontsluit. Selfs die hardekwas ekonoom Dr Roelof Botha het vertel Suid-Afrika se ekonomie het reeds sy onderste draaipunt bereik en dinge kan net beter raak.
Koraal
Secretary:
Naomi Excell
E-Mail: admin@agrilimpopo.co.za
Tel : +27 (0) 15 307 2725
Tel : +27 (0) 15 307 3509
Weipe
Chairperson:
Pieter Esterhuyse
E-Mail: pieter@overvlakte.co.za
Cell: +27 (0) 83 653 4871
Loskop
Chairperson:
Danie van der Heever
E-Mail: danie@jfdfarms.co.za
Cell: +27 (0) 82 777 1246
Hoedspruit
Chairperson:
Flip Roodt
E-Mail: roodtpj@gmail.com
Cell : +27 (0) 82 493 4170
Bosveld
Chairperson
Cobus Coetzee
E-Mail: agribosveld@hotmail.com
Cell : +27 (0) 82 800 6287
Lephalale
Chairperson:
Douw Pelser
E-Mail: douw@trophysafaris.co.za
Cell : +27 (0) 82 302 3773
Agri Letaba DLU
Chairperson:
Pieter Vorster
E-mail: pieter@mahela.co.za
Cell : +27 (0) 83 259 5511
Nzelele
Chairperson:
Evert van Deventer
E-Mail: evert@maswiri.co.za
Cell: +27 (0) 78 638 4452
Ohrigstad
Chairperson:
Fritz Marx
E-Mail: OhrigstadBV@gmail.com
Cell: +27 (0) 82 946 2333
Springbokvlakte
Chairperson:
Andries Groothof
E-Mail: admin@adaja.co.za
Cell: +27 (0) 82 453 4366
Tuinplaas
Chairperson:
Karel Burger
E-Mail: burger.kr@gmail.com
Cell: +27 (0) 82 817 3967
Watervalsrivier
Alldays Boerevereniging
Chairperson:
HJ Smit
E-mail: hjsmitvervoer@gmail.com
Cell: +27 (0) 72 3979679
Linton
Chairperson
Schalk van der Walt
E-Mail: kongoms53@gmail.com
Cell: +27 (0) 83 367 6891