

“Agri Limpopo is reeds sedert 2013 intens gemoeid met die implementering en verfyning van die grondhervormingsmodel van die Nasionale Ontwikkelingsplan, juis omdat Limpopo se kommersiële boere besef dat n Zimbabwe-situasie in Suid-Afrika nie onmoontlik is nie”, het Leon Borcherds, president van Agri Limpopo, in reaksie op Pete Steyl, president van die Commercial Farmers Union of Zimbabwe, se waarskuwings aan Suid-Afrikaanse boere gesê.
Volgens Steyl, wat in Augustus as gasspreker by Agri Limpopo se jaarlikse kongres optree, het Zimbabweboere geglo dat hul grondwet hul teen onteïening sonder vergoeding sou beskerm, dat die internasionale gemeenskap ‘n ekonomiese ramp sou afweer, en arrogant verkondig dat die vryemark grondhervorming moes dikteer. Hy hoor dieselfde argumente onder landbou-leiers in Suid-Afrika.
Dr Theo de Jager, voorsitter van Agri Limpopo se beleidskomitee vir Landbou-ontwikkeling en ook lid van die Afrika-Unie se Land Policy Initiative, sê dis presies dieselfde argumente wat tot dusver teen die grondhervormingsmodel in Hoofstuk 6 van die NOP geopper was. Dit het daartoe gelei dat Agri Limpopo met die Nasionale Beplanningskommissie, AFASA en die mega-boeregroep, Pro-agri, kragte saamgesnoer het om hierdie model te verfyn vir implementering.
Klik hier vir die volledige mediaverklaring deur Leon Borcherds.
“Limpopo se boere het ‘n unieke verhouding met ons noordelike buurman, en voel ‘n lotsgebondenheid met Zimbabwe boere” sê Willem van Jaarsveld, Hoof Uitvoerende Beampte van Agri Limpopo. “Talle Zimbabwiërs woon en werk in ons provinsie, en soos Zimbabwe het Limpopo ‘n landbougedrewe ekonomie. Ons het al behoorlik onder grondeise deurgeloop, en met vier van die nege voormalige tuislande tussen ons plase is Limpopo se boere veel meer blootgestel aan landelike armoede en die uitdagings van kleinskaalboerdery en kommunale landbou. Daarom is ons ernstig oor grondhervorming en veral dat dit moet slaag”.
Koraal
Weipe
Voorsitter:
Pieter Esterhuyse
E-Pos: pieter@overvlakte.co.za
Sel: +27 (0) 83 653 4871
Loskop
Voorsitter:
Danie van der Heever
E-Pos: danie@jfdfarms.co.za
Sel: +27 (0) 82 777 1246
Hoedspruit
Voorsitter:
Flip Roodt
E-Pos: roodtpj@gmail.com
Sel: +27 (0) 82 493 4170
Bosveld
Voorsitter:
Cobus Coetzee
E-Pos: agribosveld@hotmail.com
Sel : +27 (0) 82 800 6287
Lephalale
Voorsitter:
Douw Pelser
E-Pos: douw@trophysafaris.co.za
Sel: +27 (0) 82 302 3773
Agri Letaba DLU
Voorsitter:
Pieter Vorster
E-pos: pieter@mahela.co.za
Sel : +27 (0) 83 2595511
Nzelele
Voorsitter:
Evert van Deventer
E-Pos: evert@maswiri.co.za
Sel: +27 (0) 78 638 4452
Ohrigstad
Voorsitter:
Fritz Marx
E-Pos: OhrigstadBV@gmail.com
Sel: +27 (0) 82 946 2333
Springbokvlakte
Voorsitter:
Andries Groothof
E-pos: admin@adaja.co.za
Sel: +27 (0) 82 453 4366
Tuinplaas
Voorsitter:
Karel Burger
E-Pos: burger.kr@gmail.com
Sel: +27 (0) 82 817 3967
Watervalsrivier
Alldays Boerevereniging
Voorsitter:
HJ Smit
E-pos: hjsmitvervoer@gmail.com
Sel: +27 (0) 72 3979679
Linton
Voorsitter:
Schalk van der Walt
E-pos: kongoms53@gmail.com
Sel: +27 (0) 83 367 6891