AGRI LIMPOPO PLEIT VIR DRINGENDE EN BESLISTE OPTREDE TEEN BEK- EN KLOUSEER

POSITIVE FOOT-AND-MOUTH DISEASE RESULTS IN THE MOLEMOLE DISTRICT OF LIMPOPO
November 6, 2019
Comment on Eskom’s 2018/19 Regulatory Clearing Account (RCA) Application
January 20, 2020

AGRI LIMPOPO PLEIT VIR DRINGENDE EN BESLISTE OPTREDE TEEN BEK- EN KLOUSEER

AGRI LIMPOPO PLEIT VIR DRINGENDE EN BESLISTE OPTREDE TEEN BEK- EN KLOUSEER

Agri Limpopo het ernstige kommer uitgespreek oor die onlangse bek- en klouseeruitbraak in Limpopo, asook die gevolge en moontlike impak daarvan.

Die uitbraak in Limpopo het die potensiaal om die rooivleisbedryf in geheel lam te lê tensy dringende en besliste stappe geneem word.

As Agri Limpopo, deel ons Agri SA se mening oor die nasionale verbod op veeveilings, naamlik:

  • Die verbod op veeveilings sal ‘n uiters nadelige ekonomiese impak op die landbousektor hê
  • Die verbod is bloot ‘n kort-termyn maatreël om die uitbraak te stuit; en
  • Die uitdagings wat die regering ervaar om die impak te versag en te beperk moet erken en aangespreek word.

Die verbod kom op ‘n tydstip waar boere gebuk gaan onder ‘n droogte en maak dinge selfs moeiliker vir die landboubedryf as geheel en rooivleisprodusente in besonder.

Ons glo nie dat die verbod op veilings voldoende is om die huidige uitbraak te versag of te stuit nie. Ons het meer omvattende, besliste en dringende stappe nodig, soos–

  • dringende polisiëringsingrypings ten opsigte van die vervoer van diere;
  • die beskerming van gebiede in Limpopo wat nie geraak is nie; en
  • besliste optrede ten opsigte van rondloperdiere en diere wat op padreserwes wei.

Ons doen ‘n beroep op alle belanghebbendes in die openbare sowel as privaatsektor om saam te werk in belang van die rooivleisbedryf om ‘n einde te bring aan die huidige bek- en klouseeruitbraak en om ‘n plaaslike protokol in plek te stel om toekomstige uitbrake te voorkom.

Agri Limpopo sal nou saamwerk met die betrokke owerhede en doen ‘n beroep op sy lede om ag te slaan op die nodige veiligheidsmaatreëls.

NAVRAE:

PIET ENGELBRECHT (PRESIDENT) – 082 524 8924

DOUW PELSER (VEILIGHEIDS VERTEENWOORDIGER) – 082 820 5228

DEIDRE CARTER (HUB) – 082 831 9168

Do NOT follow this link or you will be banned from the site!