

Limpopo Landbou (voorheen Agri Limpopo) het met teleurstelling kennis geneem van die besluite van die Parlement asook die Nasionale Raad van Provinsies om die verslag van die Grondwetwysigingskomitee te aanvaar. Dat die ANC en EFF hul meerderheid gebruik het hiervoor was nie die skok nie, maar wel die feit dat politici binne ‘n demokrasie kies om ‘n verslag wat nie die prosesse van ‘n demokrasie erken nie, te aanvaar.
“Dit is jammer dat politici nie wil onderskei tussen party-politieke belang en landsbelang nie” sê Leon Borcherds, president van Limpopo Landbou. “ Ons as burgery kan nie toelaat dat hulle hiermee wegkom nie. Ons sal alliansies en vennootskappe met ander wat soos ons dink, moet sluit en gebruik in ons optrede. Hier kom ‘n uitgerekte stryd om die reg tot privaatbesitreg te beskerm en in stand te hou” het Borcherds bygevoeg.
Die publiek van SA moet besef die ANC torring aan ‘n klousule van die grondwet wat nie net oor die privaatbesit van landbougrond gaan nie. Alle vorme van privaatbesit van alle klasse bates – ook pensioenfondse en beleggings – word hierdeur geraak. Landbougrond is tans net ‘n gerieflike politieke speelbal, en hou die aandag weg van die groter prentjie wat agter die beheptheid met die wysiging van Art 25 van die grondwet is.
Limpopo Landbou doen ‘n beroep op alle landbouleiers om hierteen te verenig en hande te vat met elke instansie wat bereid is om SA van ‘n Zimbabwe en Venezuela situasie te red.
Navrae:
Leon Borcherds: President Limpopo Landbou – 082 378 4621
Willem van Jaarsveld: HUB Limpopo Landbou – 082 451 7913
Koraal
Weipe
Voorsitter:
Pieter Esterhuyse
E-Pos: pieter@overvlakte.co.za
Sel: +27 (0) 83 653 4871
Loskop
Voorsitter:
Danie van der Heever
E-Pos: danie@jfdfarms.co.za
Sel: +27 (0) 82 777 1246
Hoedspruit
Voorsitter:
Flip Roodt
E-Pos: roodtpj@gmail.com
Sel: +27 (0) 82 493 4170
Bosveld
Voorsitter:
Cobus Coetzee
E-Pos: agribosveld@hotmail.com
Sel : +27 (0) 82 800 6287
Lephalale
Voorsitter:
Douw Pelser
E-Pos: douw@trophysafaris.co.za
Sel: +27 (0) 82 302 3773
Agri Letaba DLU
Voorsitter:
Pieter Vorster
E-pos: pieter@mahela.co.za
Sel : +27 (0) 83 2595511
Nzelele
Voorsitter:
Evert van Deventer
E-Pos: evert@maswiri.co.za
Sel: +27 (0) 78 638 4452
Ohrigstad
Voorsitter:
Fritz Marx
E-Pos: OhrigstadBV@gmail.com
Sel: +27 (0) 82 946 2333
Springbokvlakte
Voorsitter:
Andries Groothof
E-pos: admin@adaja.co.za
Sel: +27 (0) 82 453 4366
Tuinplaas
Voorsitter:
Karel Burger
E-Pos: burger.kr@gmail.com
Sel: +27 (0) 82 817 3967
Watervalsrivier
Alldays Boerevereniging
Voorsitter:
HJ Smit
E-pos: hjsmitvervoer@gmail.com
Sel: +27 (0) 72 3979679
Linton
Voorsitter:
Schalk van der Walt
E-pos: kongoms53@gmail.com
Sel: +27 (0) 83 367 6891