

Die verklaring deur die Departement Landbou, Bosbou en Visserye oor die uitbreek van bek-en-klouseer in die Vembe distrik van Limpopo word deur die Limpopo Dieregesondheidsforum (LDGF) in ‘n uiters ernstige lig beskou. Veral die feit dat die siekte buite die beheerde gebiede aangetref is!
LDGF beywer hom vir die voortgesette gesondheid van alle lewendehawe in Limpopo en SA as geheel. Die beheer van bek-en-klouseer (BKS) is ‘n staande punt wat op alle vergaderings van die Forum hanteer word. Tydens hierdie vergaderings is daar herhaaldelik uitgewys dat dit van nasionale belang is dat enting van diere in die beheergebiede van Limpopo van uiterste belang is en dat dit deurlopend gedoen moet word. Daarmee saam is die beheer oor beweging van diere uit die beheergebiede na die skoongebied van net sulke groot belang. Die provinsiale veeartsenydienste het telkens aangedui dat prosedure in plek is om die nasionale kudde teen BKS te beskerm en die land se uitvoerstatus in plek te hou.
LDGF het herhaaldelik daarop gewys dat:
Die toestand van die internasionale grense van Limpopo en grensbeheer op daardie grense uiters oneffektief is vanweë vervalle grensheinings, en dat dit dieregesondheid in die land en SA se uitvoerstatus in gevaar stel
Beheer oor beweging van diere (wild en vee) uit hierdie gebiede nie na behore beheer word nie – veeartsenydienste, SAPD en die verkeerspolisie is almal gesamentlik hiervoor verantwoordelik maar onkunde en korrupsie maak die beheer oneffektief
Grensdrade tussen beheergebiede en skoongebiede word nie behoorlik onderhou nie – diere gaan wei buite die beheergebiede omdat weidingtoestande binne die beheergebiede meestal swak is, en meer so gedurende droogtes
Beheerposte tussen beheer- en skoongebiede word nie beman nie – voertuie word dus nie effektief behandel met chemiesebespuitings voordat hulle die beheergebiede verlaat nie, en so kan BKS na skoonareas versprei
LDGF het oor tyd gewaarsku dat ‘n uitbreking van bek-en-klouseer in die skoongebied tot handelsbeperkings kan lei met meegaande groot finansiële verliese vir die landbou. Veral is gewaarsku dat uitvoere van meer as net dierepordukte hier ter sprake is. Op 8 Januarie 2019 het die Botswana regering dan ook ‘n mediaverklaring uitgereik wat die invoer van veeprodukte asook veldgras, dierebeddegoed en dieremis gekontamineerde produkte uit SA verbied. Selfs voertuie met dieremis daaraan word verbied om Botswana binne te gaan!
Namibië het soortgelyke beperkings ingestel.
LGDF is bekommerd dat uitvoere van vrugte en groente in gedrang kan kom. Die beheer van BKS is in nasionale belang. LDGF doen ‘n beroep op die SA regering om onmiddelike maatreëls en planne in plek te sit om ‘n ekonomiese krisis af te weer. Die gesloer met die Coronaprojek wat bedoel is om die sekuriteit van die noordelike grens van Limpopo op standaard te bring – en die bedreiging van BKS vanuit noordelike buurstate te verlaag – behoort onverwyld afgehandel te word. Verder moet sorg gedra word dat veeartsenydienste in Limpopo te alle tye genoeg entstof teen BKS het en dat genoeg tegnici met die nodige middele toegerus is om die voorkomingsprosedures teen BKS te kan volhou.
Effktiewe enting en beheer oor die beweging van diere is onmoontlik sonder ‘n nasionale stelsel van diere identifikasie. Die Nasionale Dieregesondheidsforum vra lank reeds vir fondse om die Livestock Identification and Tracking System operasioneel te kry. Hierdie stelsel is een van die vinnigste en goedkoopste maniere waarop die regering sy erns met die beheer van BKS en vele ander probleme met dieregesondheid (soos brusellose!) effektief te bestuur.
Uitgereik deur :
Limpopo Dieregesondheidsforum
Navrae: Willem Van Jaarsveld – Voorsitter LDGF, 082 451 7913
Koraal
Weipe
Voorsitter:
Pieter Esterhuyse
E-Pos: pieter@overvlakte.co.za
Sel: +27 (0) 83 653 4871
Loskop
Voorsitter:
Danie van der Heever
E-Pos: danie@jfdfarms.co.za
Sel: +27 (0) 82 777 1246
Hoedspruit
Voorsitter:
Flip Roodt
E-Pos: roodtpj@gmail.com
Sel: +27 (0) 82 493 4170
Bosveld
Voorsitter:
Cobus Coetzee
E-Pos: agribosveld@hotmail.com
Sel : +27 (0) 82 800 6287
Lephalale
Voorsitter:
Douw Pelser
E-Pos: douw@trophysafaris.co.za
Sel: +27 (0) 82 302 3773
Agri Letaba DLU
Voorsitter:
Pieter Vorster
E-pos: pieter@mahela.co.za
Sel : +27 (0) 83 2595511
Nzelele
Voorsitter:
Evert van Deventer
E-Pos: evert@maswiri.co.za
Sel: +27 (0) 78 638 4452
Ohrigstad
Voorsitter:
Fritz Marx
E-Pos: OhrigstadBV@gmail.com
Sel: +27 (0) 82 946 2333
Springbokvlakte
Voorsitter:
Andries Groothof
E-pos: admin@adaja.co.za
Sel: +27 (0) 82 453 4366
Tuinplaas
Voorsitter:
Karel Burger
E-Pos: burger.kr@gmail.com
Sel: +27 (0) 82 817 3967
Watervalsrivier
Alldays Boerevereniging
Voorsitter:
HJ Smit
E-pos: hjsmitvervoer@gmail.com
Sel: +27 (0) 72 3979679
Linton
Voorsitter:
Schalk van der Walt
E-pos: kongoms53@gmail.com
Sel: +27 (0) 83 367 6891