Agri SA Persverklaring: Agri SA Loods Water Sentrum

Spotlight on soybean market
May 7, 2018
Ter Nagedagtenis: Schalk Pienaar
May 8, 2018

Agri SA Persverklaring: Agri SA Loods Water Sentrum

PERSVERKLARING

 

Agri SA het sy toegewyde Water Sentrum vandag geloods wat gaan fokus op die prioriteit om regverdige toegang tot water vir Suid Afrikaans boere te verseker. Hierdie inisiatief is in reaksie op die verskeidenheid uitdagings wat landbou-watergebruikers in die gesig staar, wat uiterste droogte, klimaatsverandering en water-infrastruktuur wat nie behoorlik in stand gehou is nie, insluit. Die situasie is soveel meer dringend gegewe verskeie beleidsvoorstelle wat gelyktydig die koste van water kan verhoog terwyl die beskikbaarheid verlaag word.

Die Agri SA Water Sentrum sal ondermeer op water-beleid en wetgewende voorstelle soos die Nasionale Water en Sanitasie Meesterplan en die Nasionale Water Hulpbron Strategie fokus. Die huidige wysigings aan die Nasionale Waterwet sal byvoorbeeld die koste van water vir landbougebruikers bepaal, wat wys hoekom dit nodig is om met die regering en ander belanghebbendes van die begin af te skakel om  na ‘n regverdige resultaat te werk. Die Agri SA Water Sentrum sal ook insette tot die Water Navorsingskommissie (WRC) op navorsingprioriteite lewer en sal as forum optree vir top waterkundiges om hul insigte in a betekenisvolle manier te deel.

Die Agri SA Water Sentrum sal gelei word deur Janse Rabie, ‘n omgewingsprokureur en Hoof van Agri SA se Natuurlike Hulpbronne Sentrum van Uitnemendheid en Gregory Smith, a water-wetenskaplike. “Die Agri SA Water Sentrum gaan ‘n eenstop-sentrum vir Agri SA lede wees, waar hulle tydige informasie en advies op alles water-verwant kan kry,” het Janse Rabie gesê. “Gegewe die kompleksiteit van water-regte en die snelveranderende beleidsomgewing, glo ons dat ‘n toegewyde Water Sentrum die beste manier is om landbou-watergebruikers op hede te bly op alle regsontwikkelinge wat ‘n impak kan hê op die manier wat hulle boer en besigheid doen.”

“Agri SA is op die voorpunt van wetgewende en beleidsontwikkeling rakende die water-sektor in Suid Afrika. Agri SA poog om die regering en sleutelspelers in hierdie fundamentele area in samewerking en goeie navorsing-insigte te ondersteun,” het Dan Kriek, President van Agri SA gesê. 

Agri SA nooi sy lede en ander belangstellende groepe om kontak met die Agri SA Water Sentrum te maak om uit te vind hoe hulle betrokke kan raak.

 

 

Navrae

Janse Rabie (Hoof Natuurlike Hulpbonne)

074 451 9601

Gregory Smith (Navorsingsassistent)084 214 1151 
Do NOT follow this link or you will be banned from the site!