

Dit is nie reg dat boere op eie koste die grensheinings tussen Suid-Afrika en sy buurlande in stand moet hou om vee van Botswana en Zimbabwe uit die land te hou nie, sê Agri Limpopo se Hoof Uitvoerende Beampte, mnr. Willem van Jaarsveld.
Hy sê boere is in ‘n hoek, want as hulle nie die heining op eie koste in stand hou en dikwels groot dele wat gesteel word vervang nie, sal Suid-Afrika sy bek-en-klouseervrye status verloor. Daar was onlangs uitbrake van dié gevreesde siekte in die suide van Zimbabwe.
Dit blyk dat die weermag en die polisie ook raadop is met diewe wat die drade steel. Dit blyk onmoontlik te wees om hierdie probleem te hanteer op ‘n manier dat daar aansienlik minder onderhoud op heinings nodig sal wees.
Agri Limpopo het onlangs ‘n vergadering belê waarheen nasionale verteenwoordigers van die Departement vir Dieregesondheid, Zimbabwe se Departement vir Veeartsenykunde, plaaslike en nasionale politici en produsenteoragnisasies genooi is om die probleme langs die grens te bespreek.
Die Zimbabwiese Departement en ook die plaaslike Wildbedryf het egter nie opgedaag nie, maar Van Jaarsveld sê parlementêre politici en selfs lede van die Nasionale Departement van Landbou se Veaartsenydienste, was geskok oor die uitdagings wat boere op Suid-Afrika se noordelike grens die hoof moet bied in belang van die land se bek-en-klouvrye status.
Een belangrike probleem wat aan die lig gekom het is die omstredenheid rondom wetgewing wat die skut van diere beheer. Hoewel die Dieregesondheidswet bepaal dat boere rondlopervee wat oor die grens kom moet skut en dan die Departement van Dieregesondheid in kennis moet stel sodat bepaal kan word of die diere siektes dra alvorens hulle van kant gemaak of teruggestuur word na die land waar hulle vandaan kom, sê Van Jaarsveld hierdie wet dateer uit 1984 en is volgens die Staatsveeartse teenstrydig met die gees van die 1996 konstitusie van Suid-Afrika. Daarom kan die wet nie toegepas word nie.
Hy sê as boere die diere hanteer soos wat die wet vereis, word hulle gedreig dat hulle die eienaars se regte verydel en daarvoor vervolg sal word. “Ons het dringend ‘n wysiging van die Skutwet nodig,” sê hy.
Van Jaarsveld sê die situasie op die noordelike grens gaan ‘n gesamentlike poging van die departemente van Openbare Werke, Landbou, Waterwese, Binnelandse sake, Arbeid en ook die polisie en die weermag asook die grensboere verg, om dit te beredder.
Hy waarsku dat ‘n verandering in Suid-Afrika se bek-en-klouseerstatus baie meer as net die land se veebedryf kan impakteer. “Ons is ingelig dat lande gedurig soek na verskonings om handelsperke teen mekaar in te stel. Dit staan enige land vry om te sê hulle aanvaar nie ons vrugte nie oor die manier waarop ons bek-en-klouseer hanteer. Hierdie mededeling deur amptenare van Landbou se nasionale kantoor, het ons sitrusprodusente in daardie gebied behoorlik laat regop sit.”
‘n Dringende opvolg vergadering word in die vooruitsig gestel. Veeartsenydienste het onderneem om hul huiswerk oor sekere aspekte te gaan doen en dan terugvoer aan ‘n volgende vergadering te gee. Daar word gehoop dat die vergadering nog voor middel Desember 2015 kan plaasvind.
JASPER RAATS (Landbouweekblad)
Koraal
Weipe
Voorsitter:
Pieter Esterhuyse
E-Pos: pieter@overvlakte.co.za
Sel: +27 (0) 83 653 4871
Loskop
Voorsitter:
Danie van der Heever
E-Pos: danie@jfdfarms.co.za
Sel: +27 (0) 82 777 1246
Hoedspruit
Voorsitter:
Flip Roodt
E-Pos: roodtpj@gmail.com
Sel: +27 (0) 82 493 4170
Bosveld
Voorsitter:
Cobus Coetzee
E-Pos: agribosveld@hotmail.com
Sel : +27 (0) 82 800 6287
Lephalale
Voorsitter:
Douw Pelser
E-Pos: douw@trophysafaris.co.za
Sel: +27 (0) 82 302 3773
Agri Letaba DLU
Voorsitter:
Pieter Vorster
E-pos: pieter@mahela.co.za
Sel : +27 (0) 83 2595511
Nzelele
Voorsitter:
Evert van Deventer
E-Pos: evert@maswiri.co.za
Sel: +27 (0) 78 638 4452
Ohrigstad
Voorsitter:
Fritz Marx
E-Pos: OhrigstadBV@gmail.com
Sel: +27 (0) 82 946 2333
Springbokvlakte
Voorsitter:
Andries Groothof
E-pos: admin@adaja.co.za
Sel: +27 (0) 82 453 4366
Tuinplaas
Voorsitter:
Karel Burger
E-Pos: burger.kr@gmail.com
Sel: +27 (0) 82 817 3967
Watervalsrivier
Alldays Boerevereniging
Voorsitter:
HJ Smit
E-pos: hjsmitvervoer@gmail.com
Sel: +27 (0) 72 3979679
Linton
Voorsitter:
Schalk van der Walt
E-pos: kongoms53@gmail.com
Sel: +27 (0) 83 367 6891