Radikalisme het nie plek in Suid-Afrika nie.

SA maize exports see massive rebound.
August 16, 2017
Domestic soybean prices still under pressure.
August 17, 2017

Radikalisme het nie plek in Suid-Afrika nie.

“Die tyd het aangebreek dat radikalisme in al sy vorme in Suid-Afrika uitgeroei word en landsburgers die vryheid wat die Grondwet bied in ‘n gederadikaliseerde samelewing kan ervaar.”

“Die afgelope tyd is daar in die media kennis geneem van verskeie rassistiese voorvalle wat nie nasiebou bevorder nie, maar eerder gemeenskappe van mekaar verwyder”, sê Johannes Möller, president van Agri SA.

“Ons land en sy mense het ‘n samelewing nodig waar hulle reg op lewe gerespekteer en almal ewe belangrik geag word. Ek doen vandag ‘n beroep op alle Suid-Afrikaners om geweldsmisdaad en rassisme in alle vorme te veroordeel en in gemeenskapsverband na mekaar uit te reik en van die land ‘n beter plek te maak waar almal in vrede en verdraagsaamheid kan saamleef, sê Möller”.

Klik hier om meer te lees.

 

Do NOT follow this link or you will be banned from the site!