Nugtere debat oor grond verwelkom, maar onsekerheid oor kwessie van vergoeding duur voort

Spotlight on the US maize market
May 21, 2018
Spotlight on wheat market
May 28, 2018

Nugtere debat oor grond verwelkom, maar onsekerheid oor kwessie van vergoeding duur voort

Agri SA

“Agri SA verwelkom die in-diepte en nugtere debat wat die naweek binne ANC geledere oor die grondkwessie plaasgevind het” sê Ernest Pringle, voorsitter van Agri SA se Grond Sentrum van Uitnemendheid.  Die erkenning van die leierskap van die ANC dat ‘n gebrek aan implementering ‘n reuse rol gespeel het in die faling van die grondhervormingsprogramme tot dusver, is ‘n belangrike stap vorentoe.  Dit moet verwelkom word dat daar behoorlik besin is oor die aanbevelings van die verslag van die Hoëvlak-Paneel op Sleutelwetgewing, wat duidelik aantoon wat die werklike struikelblokke in die weg van grondhervorming is.  Dit is ook positief dat daar soveel klem gelê is op die belang van stedelike behuising en op die feit dat grond in kommunale gebiede se potensiaal, tot voordeel van daardie gemeenskappe ontsluit moet word. Kommersiële landbougrond is maar een element van grondhervorming, stedelike grond en kommunale areas is twee baie belangrike elemente wat tot dusver redelik afgeskeep is in die debat. 

Agri SA vind dit egter teleurstellend dat die onsekerheid oor die ANC se standpunt oor die wysigings al dan nie van artikel 25 skynbaar nie opgeklaar is nie.  Hierdie onsekerheid en onduidelikheid oor watter tipe grond moontlik geteiken kan word vir onteiening sonder vergoeding en hoe dit sal gebeur is besig om negatief op die sektor en die ekonomie in die breë te impakteer.  Agri SA se standpunt is dat die Grondwet nie gewysig behoort te word nie.  Agri SA sal hierdie week die organisasie se voorlegging oor die kwessie van onteiening sonder vergoeding by die Grondwetlike Hersieningskomitee indien.

 

Navrae

Mnr Ernest Pringle, Voorsitter van Agri SA se Sentrum

van Uitnemendheid oor Grondsake

087 803 5699

 

Me Annelize Crosby, Hoof:  Grondsake, Agri SA

082 388 0017

 

Do NOT follow this link or you will be banned from the site!