Persverklaring: Dringende Aksie Nodig Teen Toenemende Plaasaanvalle

South African Agricultural Commodities Weekly Wrap
April 20, 2018
Weather a key focus in SA wheat market
April 23, 2018

Persverklaring: Dringende Aksie Nodig Teen Toenemende Plaasaanvalle

Agri SA

Agri SA spreek sy kommer uit oor die skokkende toename in plaasaanvalle en versoek ‘n dringende vergadering met die nuut aangestelde Minister van Polisie en Nasionale Kommissaris om hierdie saak van nasionale belang, te bespreek. Plaasaanvalle het in die vorige jaar met 22 persent en moorde met 27 persent toegeneem en soos berig is het 6 plaasaanvalle die afgelope week voorgekom.

“Sekere van die boere en plaaswerkers is brutaal aangeval en daarom doen ons ‘n beroep op ons boerderygemeenskap om hul paraatheid verder te verskerp. Binne Agri SA en ons provinsiale organisasies sal ons alles in ons vermoë doen om plaasaanvalle te probeer voorkom”, sê Dan Kriek, president van Agri SA.

Agri SA het reeds die nuut aangestelde Minister van Polisie, asook Nasionale Kommissaris genader om die dringendheid van die voortslepende plaasgeweld en die effek wat dit op boerderygemeenskappe het, te bespreek. Aspekte soos die finalisering van die hersiene Landelike Beveiligingstrategie, asook die reservistestelsel sal van die aspekte wees wat bespreek word. ‘n Goed funksionerende reservistestelsel wat toeganklik is vir die boerderygemeenskap om daaraan deel te neem, is die ruggraat vir landelike beveiliging.

Agri SA bly verbind om ‘n oplossing in samewerking met gevestigde owerheid- en burgerlike strukture, te vind. Hoewel daar onlangs grootskaalse buitelandse aandag op plaasaanvalle gevestig is, soek Suid-Afrikaanse boere nie versekering van die buiteland nie, maar van hul eie regering.

“Plaaswerkers en boere is uiters kosbare hulpbronne wie nodig is om voedselsekerheid en landelike stabiliteit te waarborg. Daarom moet hulle behoorlik beskerm word om kos vir die nasie te verseker, iets wat hulle by uitnemendheid regkry.”

 

Navrae

Dan Kriek (President)

082 944 0566 

Kobus Visser (Hoof: Landelike Veiligheid)

082 388 0010

Do NOT follow this link or you will be banned from the site!