

Limpopo Landbou Forum – Veiligheid neem kennis van die onlangse gevalle waar plaasarbeiders na bewering deur boere geskiet is deurdat die arbeiders vir diere aangesien is. Dit is jammer dat sulke voorvalle voorkom in tye waar die goeiearbeidsverhoudings op plase van verskeie oorde onder verdenking geplaas word. Verder word dit betreur dat hierdie geïsoleerde voorvalle aan die groot klok gehang word terwyl nie naastenby dieselfde intensiteit van reaksie kom na wreedaardige martelings tydens plaasaanvalle nie.
Limpopo Landbou Forum – Veiligheid betreur dit dat die Limpopo Provinsiale Polisie Kommissaris dit nodig gevind het om alle boere onder dieselfde kam te skeer deur daarna te verwys dat veral boere roekeloos omgaan met die hantering van vuurwapens. Die Forum ondersteun verantwoordelike vuurwapenhantering asook die beginsel dat dit waarna geskiet word duidelik identifiseer moet word, seker gemaak word dat dit wel die beoogde teiken is en dat die skoot met veiligheid geneem kan word. Dit is egter jammer dat die indruk geskep word dat boere roekeloos links en regs skiet. Dit is jammer dat daar ook nie na die volle omstandighede verwys word wanneer hieroor berig word nie, en so word ‘n bepaalde negatiewe beeld geprojekteer op boere.
Die omstandighede waaronder landbouers en hul werkers deesdae leef en werk is spannend vanweë die onveilige omgewing van die platteland. Die SAPD en landelike gemeenskappe poog daagliks om veiligheid te verbeter. Om gevalle soos die in Letsitele te misbruik om wedersyds kritiek uit te spreek is onvanpas en teenproduktief. Limpopo Landbou Forum – Veiligheid doen ‘n beroep op alle betrokkenes om waaksaam, paraat en uiters verantwoordelik te wees onder alle omstandighede. Die vreedsame voortbestaan van plattelandse gemeenskappe is in belang van die hele land.
Navrae:
Drickus Botha, Streeksbestuurder TLU A Noord – 082 774 9287
Willem van Jaarsveld, HUB Agri Limpopo – 082 451 7913
Koraal
Secretary:
Naomi Excell
E-Mail: admin@agrilimpopo.co.za
Tel : +27 (0) 15 307 2725
Tel : +27 (0) 15 307 3509
Weipe
Chairperson:
Pieter Esterhuyse
E-Mail: pieter@overvlakte.co.za
Cell: +27 (0) 83 653 4871
Loskop
Chairperson:
Danie van der Heever
E-Mail: danie@jfdfarms.co.za
Cell: +27 (0) 82 777 1246
Hoedspruit
Chairperson:
Flip Roodt
E-Mail: roodtpj@gmail.com
Cell : +27 (0) 82 493 4170
Bosveld
Chairperson
Cobus Coetzee
E-Mail: agribosveld@hotmail.com
Cell : +27 (0) 82 800 6287
Lephalale
Chairperson:
Douw Pelser
E-Mail: douw@trophysafaris.co.za
Cell : +27 (0) 82 302 3773
Agri Letaba DLU
Chairperson:
Pieter Vorster
E-mail: pieter@mahela.co.za
Cell : +27 (0) 83 259 5511
Nzelele
Chairperson:
Evert van Deventer
E-Mail: evert@maswiri.co.za
Cell: +27 (0) 78 638 4452
Ohrigstad
Chairperson:
Fritz Marx
E-Mail: OhrigstadBV@gmail.com
Cell: +27 (0) 82 946 2333
Springbokvlakte
Chairperson:
Andries Groothof
E-Mail: admin@adaja.co.za
Cell: +27 (0) 82 453 4366
Tuinplaas
Chairperson:
Karel Burger
E-Mail: burger.kr@gmail.com
Cell: +27 (0) 82 817 3967
Watervalsrivier
Alldays Boerevereniging
Chairperson:
HJ Smit
E-mail: hjsmitvervoer@gmail.com
Cell: +27 (0) 72 3979679
Linton
Chairperson
Schalk van der Walt
E-Mail: kongoms53@gmail.com
Cell: +27 (0) 83 367 6891