PANEL REPORT RAISES RED FLAGS FOR AGRICULTURE

Agri Limpopo denounces Land Reform Report, supports Agri SA on the Advisory Panel on
July 28, 2019
Agri Limpopo stands in solidarity with the Farming Community and the position adopted by AGRI SA in response to the release of the Presidential Advisory Panel on Land Reform and Agriculture’s report.
July 28, 2019

PANEL REPORT RAISES RED FLAGS FOR AGRICULTURE

Paneelverslag voorspel probleme vir landbou

Agri SA is baie bekommerd oor verskeie aspekte van die Presidensiële Raadgewende Paneel oor Grondhervorming se verslag, wat insluit omstrede voorstelle soos die wysiging van die Grondwet en grondplafonne. Agri SA ondersteun nie enige beleid of wetgewing wat inbreuk maak op eiendomsregte of enige ander fundamentele reg wat deur die Grondwet beskerm word nie.

“Indien die voorstelle in die verslag geïmplementeer word soos dit uitgestippel is, sal dit voedselsekerheid vir elke Suid-Afrikaner in die weegskaal hang,” sê Omri van Zyl, Agri SA Uitvoerende Direkteur. “Belegger- en sakevertroue is reeds laag en die laaste ding wat ons nou nodig het is nóg druk op die ekonomie en die landbousektor.”

Agri SA se president, Dan Kriek, is ’n lid van dié Presidensiële Raadgewende Paneel oor Grondhervorming en het homself heelhartig tot die proses verbind. Dit het egter mettertyd duidelik geword dat daar fundamentele verskille tussen paneellede is in opinie en benadering ten opsigte van grondhervorming. Kriek en sy mede-paneellid, Nick Serfontein het daarom ’n alternatiewe verslag saamgestel wat veral op privaatsektor-oplossings fokus.

“Die alternatiewe verslag bied sinvolle oplossings vir grondhervorming, wat nie in besonderhede uitgespel word in die paneelverslag nie,” sê Annelize Crosby, Agri SA Beleidshoof: Grond. “Ons is van mening dat grondhervorming in plaasgebiede vooruit sal kan beweeg met die daarstel van ’n landbou-ontwikkelingsagentskap waar die privaatsektor in die bestuur en finansiering van volhoubare grondhervorming die voortou kan neem.”

Tydrowende konsultasieprosesse wat na verwagting op die bekendstelling van die paneelverslag sal volg, kan die implementering van grondhervorming kniehalter.

“Ons moet nou eerder saam werk en betekenisvolle projekte implementeer tot die voordeel van die sektor,” sê Crosby. “Indien die konsultasieprosesse wel begin, sal Agri SA daaraan deelneem en seker maak dat die ekonomiese realiteite, wat nie in die paneelverslag genoegsaam in aggeneem word nie, ook aangespreek word.”

Agri SA is ook bekommerd oor die mosie in die parlement wat Donderdag bekendgemaak is. Dié mosie dui op ‘n duidelike voorneme deur die regerende party om voort te gaan met die onnodige en potensiële skadelike wysiging van die eiendomsklousule.

“Dit word duidelik net om politieke redes gedoen, omdat dit nie geregverdig is nie en geen oplossing vir grondhervorming bied nie,” het Crosby gesê.

Agri SA bly verbind tot ons lede en die volhoubaarheid van die landbousektor. Agri SA wil benadruk dat ons teen enige wysiging van die Grondwet gekant is en geen steen onaangeraak sal laat om die regte van boere te beskerm nie.

[Agtergrond oor die verslae kan hier verkry word]

Navrae:

Omri van Zyl

Agri SA Uitvoerende Direkteur

(S) 082 417 5724

Annelize Crosby

Agri SA Beleidshoof: Grond

(S) 082 388 0017

 

Do NOT follow this link or you will be banned from the site!