Agri SA is baie bekommerd oor die negatiewe impak wat beurtkrag op die primêre landbousektor, die voedselwaardeketting en die Suid-Afrikaanse ekonomie kan hê.
“Eskom se implementering van fase 2-beurtkrag sedert Woensdag het die Suid-Afrikaanse ekonomie onkant gevang,” sê Nicol Jansen, Agri SA Voorsitter van die Sentrum van Uitnemendheid: Ekonomie en Handel. “Vroeëre waarskuwings kon ’n groot verskil gemaak het vir boere en besighede omdat hulle hul beplanning daarvolgens sou kon doen.”
Beurtkrag het ’n impak op besproeiingsafhanklike en energie-intensiewe bedrywe soos tuinbou, suiwel, pluimvee en agro-prosessering. Besproeiing, skedulering van besproeiing, die aanwending van kunsmis, verwerking en verskeping word alles nadelig deur onbeplande kragonderbrekings beïnvloed. Meer as 25% van die land se voedsel word deur besproeiingsafhanklike en energie-intensiewe bedrywe geproduseer.
“Die las van beurtkrag is onaanvaarbaar. Ons het ’n ekonomie nodig wat groei en wat alle Suid-Afrikaners kan ophef. Die onbetroubaarheid van kragvoorsiening is ’n enorme struikelblok vir ons ekonomie en die vooruitsigte vir ekonomiese groei. Tesame met stygende elektrisiteitstariewe, het beurtkrag ’n ontwrigtende invloed op besigheidsbedrywighede en gaan gepaard met direkte sowel as indirekte koste.”
Terwyl die kabinet se onlangse goedkeuring van die Geïntegreerde Hulpbronplan (IRP2019) ’n stap in die regte rigting is, is meer dringende regeringsoptrede nodig om die elektrisiteitskrisis aan te spreek. Dit sluit in, maar is nie beperk tot die volgende nie:
In die kort-termyn sal Eskom meer bedagsaam teenoor sy kliënte moet wees deur hul vroegtydig oor kragonderbrekings in te lig.
Navrae
Nicol Jansen
Agri SA Voorsitter: Sentrum van Uitnemendheid: Ekonomie en Handel
(S) 082 948 2629
Dr Requier Wait
Agri SA Hoof: Sentrum van Uitnemendheid: Ekonomie en Handel
(S) 073 304 0932
Koraal
Weipe
Voorsitter:
Pieter Esterhuyse
E-Pos: pieter@overvlakte.co.za
Sel: +27 (0) 83 653 4871
Loskop
Voorsitter:
Danie van der Heever
E-Pos: danie@jfdfarms.co.za
Sel: +27 (0) 82 777 1246
Hoedspruit
Voorsitter:
Flip Roodt
E-Pos: roodtpj@gmail.com
Sel: +27 (0) 82 493 4170
Bosveld
Voorsitter:
Cobus Coetzee
E-Pos: agribosveld@hotmail.com
Sel : +27 (0) 82 800 6287
Lephalale
Voorsitter:
Douw Pelser
E-Pos: douw@trophysafaris.co.za
Sel: +27 (0) 82 302 3773
Agri Letaba DLU
Voorsitter:
Pieter Vorster
E-pos: pieter@mahela.co.za
Sel : +27 (0) 83 2595511
Nzelele
Voorsitter:
Evert van Deventer
E-Pos: evert@maswiri.co.za
Sel: +27 (0) 78 638 4452
Ohrigstad
Voorsitter:
Fritz Marx
E-Pos: OhrigstadBV@gmail.com
Sel: +27 (0) 82 946 2333
Springbokvlakte
Voorsitter:
Andries Groothof
E-pos: admin@adaja.co.za
Sel: +27 (0) 82 453 4366
Tuinplaas
Voorsitter:
Karel Burger
E-Pos: burger.kr@gmail.com
Sel: +27 (0) 82 817 3967
Watervalsrivier
Alldays Boerevereniging
Voorsitter:
HJ Smit
E-pos: hjsmitvervoer@gmail.com
Sel: +27 (0) 72 3979679
Linton
Voorsitter:
Schalk van der Walt
E-pos: kongoms53@gmail.com
Sel: +27 (0) 83 367 6891