

“Die gewraakte plaasaanvalle die afgelope week en gebeure in Coligny skaad die beeld van Suid-Afrika. Dit frustreer Agri SA en die boerderygemeenskap dat boere steeds die teiken bly van kriminele elemente wat nie die belangrike rol van boere en plaaswerkers besef om in die land se voedselbehoeftes te voorsien, asook die bydrae wat hulle maak tot landelike ontwikkeling en stabiliteit nie”, sê Kobus Breytenbach, voorsitter van Agri SA se Landelike Beveiligingskomitee.
Die kwesbaarheid van die boerderygemeenskap bied geen regverdiging vir aanvallers om die gemeenskap voortdurend te teiken sonder die besef van die belangrike rol wat die gemeenskap tot die vooruitgang van die land en sy mense vervul nie. Landbou en diegene wat daarin werk en woon, is ‘n bate vir die land wat ten alle koste beskerm en ondersteun moet word om te help om die doelwitte van die Nasionale Ontwikkelingsplan te verwesenlik.
Plaasaanvalle word uitgevoer deur kriminele elemente wat slegs selfverryking nastreef en nie waarde heg aan menselewens en die bydrae wat dié gemeenskappe in die vooruitgang en nasiebou in die land nastreef nie. Onlangse mediaberigte bevestig dat hoofsaaklik geld, vuurwapens en selfone geroof word om weer in die onwettige handel te verkoop en te gebruik om ander misdade te pleeg.
Volgens mediaberigte is geen van die aanvallers nog aangekeer nie en Agri SA doen ‘n dringende beroep op die polisie om alles in hulle vermoë te doen om die aanvallers so spoedig moontlik aan te keer. “Gemeenskappe waaruit die aanvallers kom, beskik moontlik oor inligting van die persone en ons wil graag ‘n beroep op hulle doen om met inligting na vore te kom om die polisie te help om die sake spoedig op te los. Dit is belangrik dat die boerderygemeenskap sal ervaar dat geregtigheid sal geskied en dat die swaarste moontlike strawwe opgelê word by skuldigbevinding”, sê Breytenbach.
Breytenbach het sy simpatie met die slagoffers en naasbestaandes uitgespreek en slagoffers ‘n spoedige herstel toegewens. “Ons wil graag ‘n beroep doen op die boerderygemeenskap om met die polisie saam te werk, binne die strukture van die Landelike Beveiligingstrategie om landelike misdaad aan bande te lê. Verder word ‘n beroep op boere en plaaswerkers gedoen, om die nodige beveiligingsmaatreëls toe te pas wat in huidige omstandighede noodsaaklik is om plaasaanvalle te probeer voorkom”, sê Breytenbach.
Breytenbach sê ten slotte, “dat deur die Agri Securitas Trustfonds hulp aan verskeie boerderygemeenskappe gebied word om hulle beveiligingsmaatreëls op te skerp en hulle te staal teen landelike misdaad”.
Klik hier om meer te lees.
Koraal
Weipe
Voorsitter:
Pieter Esterhuyse
E-Pos: pieter@overvlakte.co.za
Sel: +27 (0) 83 653 4871
Loskop
Voorsitter:
Danie van der Heever
E-Pos: danie@jfdfarms.co.za
Sel: +27 (0) 82 777 1246
Hoedspruit
Voorsitter:
Flip Roodt
E-Pos: roodtpj@gmail.com
Sel: +27 (0) 82 493 4170
Bosveld
Voorsitter:
Cobus Coetzee
E-Pos: agribosveld@hotmail.com
Sel : +27 (0) 82 800 6287
Lephalale
Voorsitter:
Douw Pelser
E-Pos: douw@trophysafaris.co.za
Sel: +27 (0) 82 302 3773
Agri Letaba DLU
Voorsitter:
Pieter Vorster
E-pos: pieter@mahela.co.za
Sel : +27 (0) 83 2595511
Nzelele
Voorsitter:
Evert van Deventer
E-Pos: evert@maswiri.co.za
Sel: +27 (0) 78 638 4452
Ohrigstad
Voorsitter:
Fritz Marx
E-Pos: OhrigstadBV@gmail.com
Sel: +27 (0) 82 946 2333
Springbokvlakte
Voorsitter:
Andries Groothof
E-pos: admin@adaja.co.za
Sel: +27 (0) 82 453 4366
Tuinplaas
Voorsitter:
Karel Burger
E-Pos: burger.kr@gmail.com
Sel: +27 (0) 82 817 3967
Watervalsrivier
Alldays Boerevereniging
Voorsitter:
HJ Smit
E-pos: hjsmitvervoer@gmail.com
Sel: +27 (0) 72 3979679
Linton
Voorsitter:
Schalk van der Walt
E-pos: kongoms53@gmail.com
Sel: +27 (0) 83 367 6891