Agri SA Mediaverklaring: Ekurhuleni Burgermeester kan nie onteien sonder vergoeding (OSV) buite regsproses

agrilimpopo grain
South African Agricultural Commodities Weekly Wrap
September 28, 2018
agrilimpopo wheat
Tight supplies in the global wheat market
October 1, 2018

Agri SA Mediaverklaring: Ekurhuleni Burgermeester kan nie onteien sonder vergoeding (OSV) buite regsproses

Agri SA

Ekurhuleni Burgermeester kan nie onteien sonder vergoeding (OSV) buite regsproses

Agri SA wil graag die volgende duidelik stel: Die Burgermeester van Stad Ekurhuleni kan nie onteiening sonder vergoeding (OSV) aankondig sonder om die korrekte regsproses te volg nie. Hierdie beginsel is van toepassing op alle sfere van regering; munisipaal, provinsiaal en nasionaal.

“Om te suggereer dat eiendom summier onteien kan word sonder enige vergoeding is ‘n ernstige ondermyning van Suid Afrika se regsraamwerk,” sê Omri van Zyl, Uitvoerende Direkteur van Agri SA. “Politici kan nie regsuitsprake maak nie, slegs die Howe kan.”

Enige onteiening kan slegs vir ‘n regmatige doel in terme van spesifieke wetgewing, wat die magte van onteiening verskaf, uitgevoer word en die grondwet vereis dat regverdige en billike vergoeding betaal word en verskans ook die reg om enige dispuut rondom die vergoeding na ‘n hof te kan neem. Die howe behou die gesag om te besluit wat die vlak van billike vergoeding moet wees, in terme van relevant wetgewing en die grondwet.

In die belang van regsekerheid – eiendom kan onteien word vir behuising-doeleindes en die vergoeding kan minder wees as die markwaarde, mits die vergoeding steeds regverdig en billik is. Maar, die hof sal eers al die relevant faktore in ag moet neem voordat dit tot ‘n bevinding van wat regverdig en billik is kan kom

“Dit is nodig om te beklemtoon dat ons howe die finale arbiters is van wat vergoeding moet wees vir onteiende eiendom,” sê Annelize Crosby, Hoof van die Grond Sentrum van Uitnemendheid by Agri SA. “’n Nul-vergoedingsbedrag is slegs moontlik in baie uitsonderlike gevalle. Dit is in die nasionale belang dat ons howe riglyne ontwikkel en sekerheid verskaf oor wat regverdige en billike vergoeding is.”

Agri SA wil graag bevestig dat dit in toets-sake rakende hierdie kwessie betrokke sal raak. Agri SA is ook in die proses om meer inligting rakende die spesifieke eiendom deur sy affiliasie in Gauteng te bekom en sal dienooreenkomstig optree.

Navrae:
Omri van Zyl
Agri SA, Uitvoerende Direkteur
S: 082 417 5724

Annelize Crosby
Agri SA, Hoof: Sentrum van Uitnemendheid – Grond
S: 082 388 0017

Do NOT follow this link or you will be banned from the site!