

“Die boerderygemeenskap het die afgelope paar maande weer deurgeloop onder gewelddadige plaasaanvalle met gepaardgaande moorde en erge trauma. Dit raak daarom toenemend moeilik om aan diegene wat direk blootgestel is of was aan misdaad te verduidelik dat die Agri Securitas Trustfonds met die finansiële hulpbronne tot sy beskikking alles moontlik in werking stel om ‘n verskil te maak aan die veiligheid van boere en plaaswerkers”, sê Japie Grobler, voorsitter van die Agri Securitas Trustfonds.
Samehangend hiermee word ‘n premie op landbou-ontwikkeling, werkskepping en die verantwoordelikheid om voldoende voedsel vir die land te produseer, op die sektor geplaas te midde van die voortslepende misdaad kultuur. Hierbenewens sorg die boerderygemeenskap dat daar ook stabiliteit in die land is, deur voldoende voedsel aan die groeiende bevolking te voorsien.
In ‘n poging om die boerderygemeenskap by te staan in hulle landelike beveiligingpogings het die Agri Securitas Trustfonds pas weer verskeie beveiligingsprojekte finansieel ondersteun. Die projekte behels kamerastelsels vir Hartbeesfontein-, in die Noordwes provinsie en die Buffelshoek Landbouvereniging in die Oos-Kaap. Die stelsels het ten doel om toegang in die gebied te monitor en ook as ‘n afskrik middel te dien vir misdadigers. Kameras het ook die vermoë om waardevolle inligting oor verdagte voertuie en persone wat die gebied binne gaan vas te lê vir verdere optrede deur die polisie.
Fondse is ook beskikbaar gemaak vir Frankfort Landbou en die Marquard Distrikslandbou-unie in die Vrystaat vir die aankoop van veiligheidstoerusting en die oprigting van radio-herhalers om kommunikasie te verbeter. Die veiligheidstoerusting sal deur die plaaswag gebruik word in hulle landelike beveiligingsoptredes binne die raamwerk van die Landelike Beveiligingstrategie. Goeie kommunikasie tydens misdaadvoorkomingsoptredes is bepalend vir die sukses daarvan en die radio-herhalers sal ‘n bydra hiertoe maak.
Laastens is fondse ook aan Vrystaat Landbou se Veiligheidslessenaar beskikbaar gestel om ‘n integriteitskeuringsdatabasis in werking te stel van voornemende werksoekers om te bepaal of hulle ‘n misdaad rekord het.
Landelike beveiliging raak ‘n groot koste item vir boerderygemeenskappe met verskeie uiteenlopende dimensies wat daaraan gekoppel word. Met die bydraes poog die Trustfonds om ‘n bydrae te maak tot die vestiging van ‘n veiliger produksie- en woon omgewing vir boere en plaaswerkers. Geen beskermingmaatreëls kan as waarborg dien dat ‘n plaasaanval nie sal plaasvind nie, maar die afskrik waarde daarvan moet nie onderskat word nie.
Die Trustfonds kan hierdie taak nie alleen uitvoer nie en daarom word erkenning gegee aan sy strategiese vennote naamlik Nissan SA, Sanlam, CrisisOnCall en Sonfin vir hulle deurlopende finansiële ondersteuning. Die onlangse bydraes deur Santam, Gavilon, OFM, Afgri, NWK en Senwes word ook erken. “Met die ondersteuning van dié landbou vriende, probeer die Trustfonds ‘n meer veiliger landelike omgewing te skep”, sê Grobler ten slotte.
Klik hier om meer te lees.
Koraal
Weipe
Voorsitter:
Pieter Esterhuyse
E-Pos: pieter@overvlakte.co.za
Sel: +27 (0) 83 653 4871
Loskop
Voorsitter:
Danie van der Heever
E-Pos: danie@jfdfarms.co.za
Sel: +27 (0) 82 777 1246
Hoedspruit
Voorsitter:
Flip Roodt
E-Pos: roodtpj@gmail.com
Sel: +27 (0) 82 493 4170
Bosveld
Voorsitter:
Cobus Coetzee
E-Pos: agribosveld@hotmail.com
Sel : +27 (0) 82 800 6287
Lephalale
Voorsitter:
Douw Pelser
E-Pos: douw@trophysafaris.co.za
Sel: +27 (0) 82 302 3773
Agri Letaba DLU
Voorsitter:
Pieter Vorster
E-pos: pieter@mahela.co.za
Sel : +27 (0) 83 2595511
Nzelele
Voorsitter:
Evert van Deventer
E-Pos: evert@maswiri.co.za
Sel: +27 (0) 78 638 4452
Ohrigstad
Voorsitter:
Fritz Marx
E-Pos: OhrigstadBV@gmail.com
Sel: +27 (0) 82 946 2333
Springbokvlakte
Voorsitter:
Andries Groothof
E-pos: admin@adaja.co.za
Sel: +27 (0) 82 453 4366
Tuinplaas
Voorsitter:
Karel Burger
E-Pos: burger.kr@gmail.com
Sel: +27 (0) 82 817 3967
Watervalsrivier
Alldays Boerevereniging
Voorsitter:
HJ Smit
E-pos: hjsmitvervoer@gmail.com
Sel: +27 (0) 72 3979679
Linton
Voorsitter:
Schalk van der Walt
E-pos: kongoms53@gmail.com
Sel: +27 (0) 83 367 6891