

Agri SA het kennis geneem van Mnr. Mike Mlengana, die Direkteur-Generaal van die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye, se kommentaar dat die regering geen bedoeling het om produktiewe landbougrond te onteien nie. Mlengana het dit tydens ‘n beraad oor plaasmoorde, -aanvalle en veediefstal gesê.
“‘n Aanval op die landbougemeenskap, is ‘n aanval op voedselsekerheid en op die doelstellings van die regering om die ekonomie te ontwikkel” sê Mlengana. “Die landbousektor maak ‘n bydrae tot die ontwikkeling van die land”.
Mnr. Kobus Breytenbach, die voorsitter van Agri SA se Sentrum vir Uitnemendheid: Landelike Veiligheid, het sy waardering vir hierdie erkenning uitgespreek.
“Dit is vanselfsprekend dat die landbougemeenskap effektief beskerm moet word omdat nagenoeg 34 000 boere en hul plaaswerkers die kos aan sowat 55 miljoen mense daagliks voorsien” sê Breytenbach.
Intussen sê Mnr. Boeta du Toit, die vise-voorsitter van Agri SA se Sentrum vir Uitnemendheid: Landelike Veiligheid dat daar nie ‘n beraad gehou kan word, sonder om daadwerklike aksies in te stel nie.
“Daar is ‘n gebrek aan effektiwiteit, wat implementering van beleid, die beskerming van boerderygemeenskappe en die ontwikkeling van landbou kniehalter. Verskeie departemente en ander staatinstellings slaag nie daarin om hulle beleidsverantwoordelikheid na te kom nie, en dit moet dringend aangespreek word”.
“Die regering kan nie in sy doelstellings slaag om die land te ontwikkel sonder die privaatsektor se investering nie. Die landbousektor se bydrae is daarom belangrik om ekonomiese groei te stimuleer”, sê Mnr. Mike Mlengana.
Breytenbach sê ten slotte: “Daar moet erkenning gegee word aan die landbougemeenskap se bydrae om veiliger gemeenskappe te skep, hulle betrokkenheid by plaaslike georganiseerde landbou en hulle samewerking met die polisie om landelike veiligheid te bevorder”.
Agri SA sal voortgaan om met die regering te skakel rakende die belang van landelike veiligheid.
Koraal
Weipe
Voorsitter:
Pieter Esterhuyse
E-Pos: pieter@overvlakte.co.za
Sel: +27 (0) 83 653 4871
Loskop
Voorsitter:
Danie van der Heever
E-Pos: danie@jfdfarms.co.za
Sel: +27 (0) 82 777 1246
Hoedspruit
Voorsitter:
Flip Roodt
E-Pos: roodtpj@gmail.com
Sel: +27 (0) 82 493 4170
Bosveld
Voorsitter:
Cobus Coetzee
E-Pos: agribosveld@hotmail.com
Sel : +27 (0) 82 800 6287
Lephalale
Voorsitter:
Douw Pelser
E-Pos: douw@trophysafaris.co.za
Sel: +27 (0) 82 302 3773
Agri Letaba DLU
Voorsitter:
Pieter Vorster
E-pos: pieter@mahela.co.za
Sel : +27 (0) 83 2595511
Nzelele
Voorsitter:
Evert van Deventer
E-Pos: evert@maswiri.co.za
Sel: +27 (0) 78 638 4452
Ohrigstad
Voorsitter:
Fritz Marx
E-Pos: OhrigstadBV@gmail.com
Sel: +27 (0) 82 946 2333
Springbokvlakte
Voorsitter:
Andries Groothof
E-pos: admin@adaja.co.za
Sel: +27 (0) 82 453 4366
Tuinplaas
Voorsitter:
Karel Burger
E-Pos: burger.kr@gmail.com
Sel: +27 (0) 82 817 3967
Watervalsrivier
Alldays Boerevereniging
Voorsitter:
HJ Smit
E-pos: hjsmitvervoer@gmail.com
Sel: +27 (0) 72 3979679
Linton
Voorsitter:
Schalk van der Walt
E-pos: kongoms53@gmail.com
Sel: +27 (0) 83 367 6891