press release – Agri Limpopo

Agri SA doen beroep op regering om droogtehulp te verleen
Boere in sekere dele van Suid-Afrika sukkel om die huidige seisoen te oorleef en Agri SA is besorg oor hul lewensvatbaarheid op die pad vorentoe. Agri SA het sy bes gedoen om behoeftige boere landwyd van noodhulp in die vorm van vee- en kuilvoer te voorsien.

“Dit is nou tyd vir die regering om in te gryp met hulpverlening aan kommersiële en kleinskaalse boere,” sê Johannes Moller, President van Agri SA. “As boerederysektor en as landburgers, belastingbetalers en bydraers tot die ekonomie, verteenwoordig ons ‘n belangrike belastingbasis. Dit is skandelik dat die kommersiële landbou- en opkomende boeresektore geen hulp van die regering ontvang het nie. Tot dusvêr het ons geen sent van die regering ontvang nie,” aldus Omri van Zyl, hoof uitvoerende beampte van Agri SA. Dit blyk dat die regering nie toegerus is om rampe van hierdie omvang te hanteer nie; verder is dit kommerwekkend dat die veiligheidsnet vir Suid-Afrikaners sodanig verswak het dat hulpverlening nie moontlik is nie,” sê Van Zyl.

Möller meld dat, in teenstelling hiermee “het die Tesourie onlangs staatswaarborge ter waarde van nagenoeg R14,4 miljard, met ‘n verdere R5 miljard, goedgekeur vir die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAA). Eskom, met staatswaarborge van R466 miljard, het sy prudency -limiet bereik in hierdie verband.

Die landbousektor se omset is nagenoeg R227 miljard per jaar, met ‘n netto-belastingbydrae van ongeveer R50 miljard deur die primêre landbousektor alleen oor die afgelope 10 jaar. Ons bied werk aan meer as 850 000 mense in die sektor en is die enigste voedselseker-land in sub-Sahara-Afrika. “Hoe beskerm jy hierdie bate in tye van ernstige nood? Jy help hulle,” sê Van Zyl.  Agri SA het die regering versoek om noodhulp aan boere te verleen, in die vorm van óf staatswaarborge óf direkte hulp, via die strukture van die Landbank, agribesighede of spesiale –doel voertuie. “Enige hulp word verwelkom,” volgens Van Zyl.

’n Droogte is nie ‘n een-jaar verskynsel nie, kontantvloei en produksiekrediet-aangeleenthede sal met ons wees vir die volgende twee tot drie jaar,” sê van Zyl. Ons het ons eie fonds gestig en sal voortgaan om boere in nood by te staan, maar dit behels slegs ‘n druppel in die maatemmer vis-à-vis wat benodig word.  Möller meld dat Agri SA tans kyk na ‘n langtermyn-rampfonds vir boere. Agri SA kan dit nie alleen doen nie en sal finansiële hulp vanaf die Tesourie, asook ander staatsentiteite, die privaatsektor en enige ander oord benodig.

The post Agri SA doen beroep op regering om droogtehulp te verleen appeared first on Agri Limpopo.

Pers Verklaring: Roekelose Vuurwapenhantering
Limpopo Landbou Forum – Veiligheid neem kennis van die onlangse gevalle waar plaasarbeiders na bewering deur boere geskiet is deurdat die arbeiders vir diere aangesien is. Dit is jammer dat sulke voorvalle voorkom in tye waar die goeiearbeidsverhoudings op plase van verskeie oorde onder verdenking geplaas word. Verder word dit betreur dat hierdie geïsoleerde voorvalle aan die groot klok gehang word terwyl nie naastenby dieselfde intensiteit van reaksie kom na wreedaardige martelings tydens plaasaanvalle nie.

Limpopo Landbou Forum – Veiligheid betreur dit dat die Limpopo Provinsiale Polisie Kommissaris dit nodig gevind het om alle boere onder dieselfde kam te skeer deur daarna te verwys dat veral boere roekeloos omgaan met die hantering van vuurwapens. Die Forum ondersteun verantwoordelike vuurwapenhantering asook die beginsel dat dit waarna geskiet word duidelik identifiseer moet word, seker gemaak word dat dit wel die beoogde teiken is en dat die skoot met veiligheid geneem kan word. Dit is egter jammer dat die indruk geskep word dat boere roekeloos links en regs skiet. Dit is jammer dat daar ook nie na die volle omstandighede verwys word wanneer hieroor berig word nie, en so word ‘n bepaalde negatiewe beeld geprojekteer op boere.

Die omstandighede waaronder landbouers en hul werkers deesdae leef en werk is spannend vanweë die onveilige omgewing van die platteland. Die SAPD en landelike gemeenskappe poog daagliks om veiligheid te verbeter. Om gevalle soos die in Letsitele te misbruik om wedersyds kritiek uit te spreek is onvanpas en teenproduktief. Limpopo Landbou Forum – Veiligheid doen ‘n beroep op alle betrokkenes om waaksaam, paraat en uiters verantwoordelik te wees onder alle omstandighede. Die vreedsame voortbestaan van plattelandse gemeenskappe is in belang van die hele land.

Navrae:

Drickus Botha, Streeksbestuurder TLU A Noord – 082 774 9287

Willem van Jaarsveld, HUB Agri Limpopo – 082 451 7913

The post Pers Verklaring: Roekelose Vuurwapenhantering appeared first on Agri Limpopo.

‘n Ongelukkige Voorval Wat Uitverband Geruk Is
‘n Baie ongelukkige voorval wat nie-feitelik berig en uitverband geruk is, maak baie skade!

Mnr Johan Potgieter, is ‘n 47-jarige blanke man van die Letsitele omgewing, wat ‘n SENDELING by Operasie Mobilisasie (‘n wêreldwye sendelings organisasie) is –  en nie ‘n BOER soos berig is nie!

Mnr Potgieter is woonagtig op ‘n plaas naby Letsitele waar hy ‘n woonhuis huur. Hy is nie die grondeienaar nie en het geen verbintenis met enige landbou aktiwiteite op die plaas nie.

Mnr. Potgieter het op Woensdag, 8 Maart 2017, blouape by sy woning probeer verwilder. Hy het met ‘n pellet windbuks geweer in die rigting van waar die blouape was, geskiet. Hy het nie op die blouape visier ingestel om hulle te dood nie. ‘n Plaaswerker het op daardie oomblik om die hoek van die gebou met sy fiets aangestap gekom toe die ongeluk gebeur het. Die persoon is in die kop getref, maar nie noodlottig nie. Mnr Potgieter het dadelik die persoon te hulp gesnel en mediese hulp ontbied. Mnr Potgieter is baie betrokke in sy gemeenskap om die huidige swak elektrisiteits voorsiening aan te spreek.

Hierdie gebeurtenis word deur Agri Letaba betreur. Dit word gesien as ‘n frats ongeluk. Agri Letaba doen ‘n beroep op alle landbouers, die breë publiek, die owerhede en die media om slegs op feite te reageer met so ‘n voorval. Die aanvanklike SAPS berig word ook bevraagteken deurdat daar nie feitelik gerapporteer is nie.

Agri Letaba doen ook ’n beroep op alle boere om in hierdie “polfbare” tydperk verantwoordelik op te tree in alle omstandighede.

Volgens onbevestigte inligting is die werker reeds uit die hospitaal ontslaan en buite lewensgevaar.

Agri Letaba betreur hierdie geval en simpatiseer met albei partye.

The post ‘n Ongelukkige Voorval Wat Uitverband Geruk Is appeared first on Agri Limpopo.

Grondhervorming raak almal, daarom is dit almal se verantwoordelikheid
27 Maart 2017

Alhoewel grondhervorming die verantwoordelikheid van die regering is, is daar genoeg welwillendheid binne landbou om te help met implementering van ’n weldeurdagte model wat ekonomies sin maak. Agri Limpopo glo die Karaanplan is so ’n plan.

Die noodsaaklikheid om oplossings te vind vir die kwessies wat Suid Afrika tot op hede beroof het van suksesvolle grondhervorming, was nog nooit groter as wat dit tans is nie. Grondhervorming het verander van ’n speelveld waarop die spel van goedkoop politiek gespeel word tot ’n kookpot waarin bestandele vir ’n revolusie mildelik toegevoeg word. Beloftes oor radikale grondhervorming, aansprake oor “gronddiefstal” en beskuldigings van onwilligheid van grond-eienaars om werklike verandering teweeg te bring word vermeng met populisties-emosionele uitsprake wat nie die gevolge van hierdie mengsel verreken nie.

Teen hierdie agtergrond beywer Agri Limpopo hom vir die bevordering van inklusiewe ekonomiese groei wat daarop gemik is om ’n omgewing te skep waar-binne volhoubare landbou beoefen kan word. Saam met ander verantwoordelike rolspelers in landbou, word alle moontlike oplossings in belang van die land-bouer ondersoek. Vir hierdie doel het Agri Limpopo noue samewerking met ondermeer Landbank, landboubesighede, handelsbanke, die Pro-Agri groep, Afasa en Agri All Africa.

Instandhouding van privaatbesitreg en markwaarde van landbougrond, lê finan-siering van landbou in al sy fasette ten grondslag. Grondhervormingsplanne wat hierdie twee pilare van landboufinansiering verswak, bedreig voedeselsekerheid, volhoubaarheid van landbou en die totale ekonomie grootliks. Daarom het Agri Limpopo werk daarvan gemaak om die samevoeging van voorstelle uit die Nasionale Beplanningskomissie en die raamwerk vir grondhervorming soos vervat in Hoofstuk 6 van die NOP, as model vir grondhervorming te bevorder.

Volgens hierdie model (sogenaamde Karaanplan) word privaatbesitreg en markwaarde instandgehou en uitgebrei, risiko versprei tussen alle partye betrok-ke by ’n transaksie, benutting van skaalvoordele moontlik gemaak, vaardig-heidsoordrag en -opleiding bevorder, plattelandse gemeenskappe ontwikkel en plattelandse dorpe se ekonomië versterk.

Hierdie model se vertrekpunt is nie een van boetedoening of betaal van geskiedkundige skuld nie! Die vertrekpunt is ekonomiese simbiose wat toevallig ook die verlede van die land, politieke doelwitte en toekomsverwagtinge aanspreek. Die model verswak nie die balansstate van die ondernemers nie, maar versterk dit volgens gesonde ekonomiese beginsels. Dit skakel nuwe deelnemers in by die bestaande binnelandse- en uitvoerbemarkingsnetwerke met instandhouding van kwaliteitstandaarde en fitosanitêre voorskrifte.

Waarborge vir ’n ekonomies gesonde landboutoekoms verskaf deur politici is veel minder werd as ’n sterk burgerlike samelewing wat saam deel in die voordele van inklusiewe ekonomiese groei. Druk op die regering om fondse beskikbaar te stel vir ’n werkbare grondhervormingsprogram sal meer effektief toegepas kan word indien daar ’n bewese sodanige model beskikbaar is.

Daar is net te veel begunstigdes van grondhervorming wat nog nooit sukses kon smaak nie omdat die proses tot nou toe gebrekkig was in vele opsigte. Die regering se hantering van hul eie mislukkings was hoofsaaklik deur die blaam te plaas op grondeienaars, georganiseerde landbou, geen toegang tot markte vir beginnerboere, uitermate hoë grondpryse en velerlei ander faktore. Die feit is dat onbeholpe amptenare, onvoldoende staatsfondse, wanaanwending van fondse, bedrog, en ’n proses waardeur nuwe landbouers nie titelaktes kry nie en dus nie produksiefinansiering kan bekom nie, verswyg word.

Die werk wat tans gedoen word poog om hierdie tekortkomings uit te skakel. Dit sal daartoe lei dat die Karaanplan die basismodel sal wees vir grondhervor-mingsprojekte is SA.

Agri Limpopo sal aanhou werk om ’n landbousektor in SA te ontwikkel wat in die  groeiende vraag na voedsel en vesel sal kan voorsien. ’n Landbousektor van boere – nie swart en wit boere nie! Dit sal noodwendig ’n landbousektor moet wees waarin hande gevat sal moet word. Nie omdat dit afgedwing word nie, maar omdat dit die ekonomies sinvolle ding is om te doen.

Navrae:

Dr Theo de Jager – Voorsitter Agri Limpopo Landbou-ontwikkelingskomitee 082 332 2110

Willem van Jaarsveld – HUB Agri Limpopo 082 451 7913

The post Grondhervorming raak almal, daarom is dit almal se verantwoordelikheid appeared first on Agri Limpopo.

Mediaverklaring: Afgragdering na Rommelstatus
6 April 2017

Die onlangse besluit van S&P om SA se status as beleggingsland te verlaag na Rommelstatus, kom vir landbou op ’n uiters ongemaklike tyd. Juis nou het ons meer geld nodig uit die fiskus om politieke beloftes na te kom. Met reeds ongemaklike hoë vlakke van staatsskuld wat steeds groei omdat ons land bo sy vermoë bly spandeer, gaan hierdie afgradering en gepaardgaande verhoogde rentebetalings op staatsskuld, die tesourie se kontantvloei ernstig benadeel.

In die aanloop tot ’n verkiesing in 2019 wat die politieke magsbalans kan verander, word landbou, en veral grondaangeleentheid ruim misbruik vir politieke gewin. Die term drastiese ekonomiese transformasie word toenemend gebruik om die erns van die regerende party met aanpassings aan die ekonomie te onderstreep. Grondhervorming en die gepaardgaande vestiging van nuwe landbouers op herverdeelde landbougrond word as kardinale deel van hierdie aksies gesien.

“Die staat maak staat op die privaatsektor (die landbouer) om te help om hierdie prosesse te laat slaag. Dit beteken dat landbouers die finansiële vermoë moet hê om hul rol te speel. In ’n ekonomie wat nou bedreig word deur verhoogde rentekoerse, stygings in brandstofpryse en verhoogde insetkostes, gaan landbou se vermoë om deel te neem aan sulke projekte ernstig ingekort word” het Leon Borcherds, president van Agri Limpopo, gesê.

Volgens Dr Theo de Jager, voorsitter van Agri Limpopo se Transformasiekomi-tee, kan hierdie verwikkelinge grondhervorming meer strem as wat die departement van Grondsake se onvermoë om dit te laat slaag, dit tot nou toe gestrem het. “Ons weet baie geld is verkeerd aangewend en meermale vermors met pogings tot grondhervorming. Wat nou moes gebeur is dat geld in die toekoms reg aangewend moet word om uitvoering te gee aan lank uitstaande doelwitte van grondhervorming. Ons het reeds ver gevorder om lesse geleer in die verlede en nuwe inisiatiewe saam te voeg, om die prosesse in die toekoms met sukses te kroon. Die staat se vermoë om hierin sy rol te speel gaan ernstig benadeel word deur verwagte geldtekorte nadat die realiteite van hierdie afgradering die tesourie getref het” het De Jager gesê. “Vir stabiliteit in die landbousektor en sekerheid oor grondeienaarskap voorspel dit natuurlik niks goeds nie” het hy bygevoeg.

Piet Engelbrecht, vise president van Agri Limpopo, het daarop gewys dat die verswakte rand besliste voordele vir sekere dele van die landbousektor inhou. “Ons staan aan die vooraand van die sitrusuitvoerseisoen. Die rand sal teen sy huidige vlakke ons uitvoerbedrywe verseker bevoordeel” het hy gesê. Hy het egter ook ’n waarskuwing. “Ons mag nooit vergeet dat ’n groot deel van landbouprodusente egter net met die nadele van ’n swak rand te doen het nie. Diegene wat oorwegend vir die binnelandse mark produseer – soos groente, melk en vleis – betaal nou baie meer vir hul insette sonder om die voordeel van hoër pryse vir hul produkte te ontvang. ’n Verswakking in die verbruiker se koopkrag benadeel hierdie groep boere nog verder”.

Daar is ’n toenemende ontevredenheid onder beginnerboere met die hulp wat hulle vanaf die staat kry om produksiemiddele te bekom. Hulp is meermale te min en te laat. Hierdie boere is totaal uitgelewer aan die staat se vermoë om hulle van produksiemiddele te verskaf aangesien hulle nie elders produksie-krediet kan bekom nie omdat hulle nie titelaktes van hul plase het nie. Vir hierdie groep boere voorspel die afgradering ook niks goeds nie.

“Dit word betreur dat daar so min begrip by politieke leiers is vir hoe die ekonomie van ’n land werk” het Borcherds gesê. “Mens sou verwag dat daar meer sensitiwiteit sou wees vir die struikelblokke wat oorkom moet word om ekonomiese groei te stimuleer na so ’n uitmergelende droogte. Landbou steier nog onder die nagevolge van voer- en watertekorte, aflegging van arbeiders en baie oorlaatskuld, toe tref die ekonomiese tsoenamie ons. Dit is onmoontlik vir landbou om die rol te speel wat dit graag sou wou speel in verhoogde werkskepping, vermindering van armoede en ekonomiese groei in die land, as politici nie verstaan dat dit hul werk is om die omgewing te skep waarin hierdie bydraes gemaak kan word nie” het Borcherds bygevoeg.

Agri Limpopo spreek sy kommer uit daaroor dat landbou as een van die hoekstene van die Suid Afrikaanse ekonomie ’n gevoelige slag toegedien is deur onlangse gebeure op politieke terrein en die nagevolge daarvan op die ekonomie van die land.

Vir navrae kontak gerus:

Leon Borcherds : President van Agri Limpopo 082 378 4621

Piet Engelbrecht: Vise President van Agri Limpopo 082 524 8924

Dr Theo de Jager: Voorsitter Agri Limpopo Transformasie 082 332 2210

Willem van Jaarsveld: HUB Agri Limpopo 082 451 7913

The post Mediaverklaring: Afgragdering na Rommelstatus  appeared first on Agri Limpopo.

Agri SA Media Release: Downgrading will also have regional impact
Downgrading will also have regional impact, says Agri SA. “The full impact of the South African credit ratings downgrades is still uncertain but it will be short-sighted not to expect that it will have an impact on our region and that it will most certainly also be felt by our neighbours especially in the Southern African Development Community (SADC)”, says Johannes Möller, president of Agri SA. He said that South Africa was in the past often viewed as the gateway to Africa in terms of investment and logistics, whilst also being a major trading partner for many of these countries.

“On the investment front, the country’s downgrading and also those of major local banks will most certainly not be conducive towards obtaining international funds for on lending into Africa nor can expansion of the banks into Africa be expected”, says Möller. “Local interest rates also seem likely to increase which will aggravate this situation”, he added.

He said that if the economy is to move into a recession, which seems likely, it will lead to a reduced demand for imports in general and equally so for our neighbours. “Livestock imports is a case in point as it is general knowledge that meat consumption is directly correlated to economic performance in South Africa; if we were to move into a recession the impact on our neighbours, some of them being heavily reliant on South Africa for these kinds of exports, is obvious. In the customs union (SACU) reduced imports will also impact negatively on the customs pool – a major source of income for the BLNS countries. A depreciated Rand is also, despite its normal quality of supporting exports, not going to save the day for the region”.

Möller says that infrastructure in our country is for the most part of it in a dilapidated state likewise that needed for proper interconnection in our region. Our fiscal space to deal with these matters will, as a result of the downgrades, become further cramped not only because of the general impact on the economy but also as a result of higher interest rates crowding out funds availability for capital expenditure by government.”

“It is clear that the full impact of the downgrades will also be felt outside of our own borders. Not only is the current situation deserved of focused attention by the social partners inside South Africa but members of especially SADC should also, in their own interest, contemplate joint solutions to deal with this situation”, Möller said. “We trust that the government and specifically also president Zuma will take the lead in devising plans to restore the dignity of our country also in the interest of the region.”

The post Agri SA Media Release: Downgrading will also have regional impact       appeared first on Agri Limpopo.

Mediaverklaring: Volhoubaarheid
13 April 2017

Daar gaan stemme in  landbou op wat in die huidige omstandighede van verset en oproerigheid, ‘n saak wil uitmaak dat boere nie met die regering behoort saam te werk aan landbouhervorming nie, alvorens dit nie op ons afgedwing word nie. Agri Limpopo glo dat samewerking in sake wat almal se belang dien, die deur oophou vir gesprek oor beleidskwessies wat nie die landbou se beste belang dien nie.

SA beleef uiters onstuimige tye. Onsekerheid ten opsigte van die ekonomie asook regeringsbeleid was waarskynlik nog nooit voorheen gelyktydig op so ‘n laagtepunt soos wat dit tans is nie. Die gemoedere van gewone landsburgers is opgewerk tot op die punt waar politieke verskille geïgnoreer word en saam in die strate gedemonstreer word. Gefrustreerde publieke mening word wyd op alle mediaplatforms gedeel.

Genoemde gebeure bou saam aan ’n weerstandigheid teen ’n persoon en ’n politieke party, maar spoel verseker ook oor na burgers se emosionele toestand. “Die frustrasie met korrupsie en algemene onbeholpenheid in die hantering van landssake, laat al meer mense regverdiging vind daarvoor dat die regering en al sy instellings asook sy wette geignoreer behoort te word” het Leon Borcherds, president van Agri Limpopo, gesê.”Hierdie siening is onverantwoordelik en sal beslis teenproduktief wees oor die langtermyn. Dit is moreel onaanvaarbaar, net soos wat die omstandighede wat tot so ’n siening aanleiding gee, moreel onreg-verdigbaar is. Feit is dat nie een van die twee volhoubaarheid bevorder nie” het Borcherds bygevoeg.

“Landbou staan voor twee keuses. Landbou kan ’n toeskouer langs die veld wees waar beleid tot nadeel van die landbou ontwikkel word, of landbou kan ’n speler op daardie veld wees. Om ’n wedstryd te verloor nadat jy jou beste gegee het op die veld, is altyd beter as die verloor omdat jy nie daar was waar jy moontlik ’n verskil kon maak nie!” is die mening van Piet Engelbrecht, vise president van Agri Limpopo.

“Die stem van redelikheid is nou meer as ooit nodig in elke debat oor land-boukwessies. Diepliggende benaderingsverskille tussen beleidmakers en landbouers roep die landbousektor om in verantwoordelikheid insette te lewer ongeag of daardie insette altyd die verlangde resultate lewer. Verset landbou is ’n opsie wat nog nêrens in Afrika die gewenste resultate vir landbouers gelewer het nie. As hoogs ontwikkelde sektor in SA, moet landbouleiers met verant-woordelikheid hul woorde kies as beroepe gedoen word op hul volgelinge om “stille verset” as opsie te oorweeg. ’n Dwarslêer is net nuttig as hy ’n spoorlyn ondersteun wat die ekonomie help uitbou” het Borcherds gesê.

Agri Limpopo volg ’n benadering van konstruktiewe betrokkenheid. In hierdie benadering is geen plek vir slaafse navolging omdat dit die polities korrekte ding is om te doen nie. Agri Limpopo glo in diepgaande debat, beginselvaste dialoog en streef deurgaans na ’n uitkoms wat landbouers beter daaraan toe laat as wat ’n toeskouerhouding sou meebring.

“Wanneer ons saam met die regering dink oor moontlikhede om grond-hervorming te laat slaag, is dit nie omdat ons glo boere het politieke skuld om te betaal nie. Beslis nie! Wat ons wel mee rekening hou is dat die regering van die dag grondhervorming as prominente agendapunt dryf. Landbou mag nie tru staan in hierdie proses nie. Landbou kan nie bekostig om te wag totdat hy gedwing word om wette te implimenteer wat tot sy nadeel is nie. Verant-woordelike leierskap vereis juis dat beding sal word vir ’n bedeling wat winsge-wendheid en volhoubaarheid van landbou sal in stand hou” is Dr Theo de Jager, Voorsitter van Agri Limpopo se Landbou-ontwikkelingskomitee, se mening. “Zimbabwe boere het geglo hulle sal ’n ongewenste bedeling voorkom deur prosesse te laat sloer, samewerking te weerhou en om die verantwoordelikheid vir planne maak aan die regering alleen oor te laat. Die gevolge is welbekend!” het de Jager opgemerk. “Agri Limpopo het ’n verantwoordelikheid teenoor sy lede om hulle belange te beskerm en winsgewendheid en volhoubaarheid te bevorder. Ons is oortuig dat die plan vir grondhervorming in Hoofstyk 6 van die Nasionale Ontwikkelingsplan, soos aangepas deur die Nasionale Beplannings-kommissie, hierdie doelwit kan verwesentlik. Deur loodsprojekte wil ons ons lede, en uiteindelik alle boere in SA, bewyse van sukses lewer en die geleentheid gee om op vrywillge basis hul eie strewe na beter winsgewendheid en volhou-baarheid te dien, terwyl die doelwitte van grondhervorming terselfdertyd verwesentlik word. Daar is in hierdie plan geen sprake van grond afgee nie. Dit gee juis die geleentheid om skaalvoordele te benut en so winsgewendheid en volhoubaarheid van ’n bestaande boerdery te verbeter”.

Geen grondeienaar het sy grond gesteel nie! Elke grondeienaar verdien beskerming van sy belegging in sy grond en die ekonomie van SA. Agri Limpopo sal aanhou om alles te doen wat nodig is om hierdie reg van landbouers te beskerm.

The post Mediaverklaring: Volhoubaarheid appeared first on Agri Limpopo.

Agri Securitas Trust Fonds Mediaverklaring
Plaaswerker erg getraumatiseerd

“’n Plaaswerker en sy vrou is so erg getraumatiseerd na ‘n plaasaanval dat hulle nie meer op die plaas wil woon nie, daarom het die Agri Securitas Trustfonds, wat oor jare traumaberading aan boerderygemeenskappe verskaf, dié plaaswerkers bygestaan met traumaberading” sê Japie Grobler, voorsitter van die Agri Securitas Trustfonds.

Volgens Grobler, “speel plaaswerkers ‘n belangrike rol in die daaglikse aktiwiteite van ‘n plaas en moet ons as boerderygemeenskap toesien dat ons hulle ook bystaan wanneer hulle erge trauma na ‘n plaasaanval ervaar.   Ons is bly dat ons op die wyse ook ‘n bydrae kon maak om dié mense se lewens te help heelmaak”.

Die voorval het op ‘n plaas in die Hertzogville-distrik in die Vrystaat voorgekom toe veediewe in die middernagtelike ure op die boer se voerkraalbesigheid toegeslaan het.  In die proses om ondersoek in te stel het die boer geweerskote in die lug afgevuur, die polisie is ontbied maar geen diewe kon in die omgewing van die voerkraal opgemerk word nie.  Intussen het die plaaswerker en sy vrou by die boer aangesluit om hom te help.  Aangesien geen diewe opgemerk is nie, is almal terug na hulle wonings.

Met hulle terugkeer is die plaaswerker en sy vrou deur vier verdagtes by hulle woning ingewag en aangeval.  Die plaaswerker is verskeie kere met ‘n mes gesteek en sy vrou erg aangerand.  Die boer het hulle na die plaaslike hospitaal gehaas waar hulle die nodige behandeling ontvang het.

Volgens Vrystaat Landbou was daar die jaar reeds twaalf aanvalle op plaaswerkers, met een moord.  Die werkers   is erg aangerand, hulle raak toenemend bang om op plase te woon en wil eerder na die dorpe verhuis.  Dit bied verdere uitdagings vir die effektiewe bestuur van die plaas.  “Aanvalle op boere en plaaswerkers behoort op alle vlakke van die samelewing ten sterkste veroordeel te word aangesien die land afhanklik is van sy boerderygemeenskap vir die daaglikse kos wat op huishoudings se tafels beskikbaar is en dat die land nog selfvoorsienend is in sy voedselbehoeftes” sê Grobler ten slotte.

Klik hier om meer te lees.

The post Agri Securitas Trust Fonds Mediaverklaring appeared first on Agri Limpopo.

Media Release: Agri SA calls for responsible action and calmness.
After the suspects in the murder case of a 16-year old boy, Matlhomola Moshoeu in Coligny were granted bail, violence erupted against members of the farming community by setting houses alight, of which one was the house of a farmer as well as maize fields.  “These actions are condemned in the strongest possible terms, and as is in the murder case, the law must take its cause in the investigation of these criminal acts against the farming community” said Johannes Möller, president of Agri SA.

If the accused in the murder trail are found guilty they must face the consequences of their actions.  It cannot be allowed that members of society take the law into their own hands if they are not satisfied with the proceedings of a court of law, they should also face the consequences for their criminal actions.  “With regards to the violence perpetrated against the farming community I call on the police to provide the necessary protection to farmers and to do a thorough investigation of these violent crimes, said Möller.

This type of violence can solve no problem and can only lead to a security catastrophe unless timely action is taken by the police and community leaders. “I would like to thank members of the farming community who acted responsibly within the framework of the Rural Safety Strategy to deal with the situation.  We will continue to monitor the situation through our affiliation Agri Northwest, and provide the necessary assistance required” said Möller in closing.

Click here to read more.

The post Media Release: Agri SA calls for responsible action and calmness. appeared first on Agri Limpopo.

Agri SA Mediaverklaring – Aanvallers slaan toe op boerderygemeenskappe.
“Die gewraakte plaasaanvalle die afgelope week en gebeure in Coligny skaad die beeld van Suid-Afrika. Dit frustreer Agri SA en die boerderygemeenskap dat boere steeds die teiken bly van kriminele elemente wat nie die belangrike rol van boere en plaaswerkers besef om in die land se voedselbehoeftes te voorsien, asook die bydrae wat hulle maak tot landelike ontwikkeling en stabiliteit nie”, sê Kobus Breytenbach, voorsitter van Agri SA se Landelike Beveiligingskomitee.

Die kwesbaarheid van die boerderygemeenskap bied geen regverdiging vir aanvallers om die gemeenskap voortdurend te teiken sonder die besef van die belangrike rol wat die gemeenskap tot die vooruitgang van die land en sy mense vervul nie. Landbou en diegene wat daarin werk en woon, is ‘n bate vir die land wat ten alle koste beskerm en ondersteun moet word om te help om die doelwitte van die Nasionale Ontwikkelingsplan te verwesenlik.

Plaasaanvalle word uitgevoer deur kriminele elemente wat slegs selfverryking nastreef en nie waarde heg aan menselewens en die bydrae wat dié gemeenskappe in die vooruitgang en nasiebou in die land nastreef nie. Onlangse mediaberigte bevestig dat hoofsaaklik geld, vuurwapens en selfone geroof word om weer in die onwettige handel te verkoop en te gebruik om ander misdade te pleeg.

Volgens mediaberigte is geen van die aanvallers nog aangekeer nie en Agri SA doen ‘n dringende beroep op die polisie om alles in hulle vermoë te doen om die aanvallers so spoedig moontlik aan te keer. “Gemeenskappe waaruit die aanvallers kom, beskik moontlik oor inligting van die persone en ons wil graag ‘n beroep op hulle doen om met inligting na vore te kom om die polisie te help om die sake spoedig op te los. Dit is belangrik dat die boerderygemeenskap sal ervaar dat geregtigheid sal geskied en dat die swaarste moontlike strawwe opgelê word by skuldigbevinding”, sê Breytenbach.

Breytenbach het sy simpatie met die slagoffers en naasbestaandes uitgespreek en slagoffers ‘n spoedige herstel toegewens. “Ons wil graag ‘n beroep doen op die boerderygemeenskap om met die polisie saam te werk, binne die strukture van die Landelike Beveiligingstrategie om landelike misdaad aan bande te lê. Verder word ‘n beroep op boere en plaaswerkers gedoen, om die nodige beveiligingsmaatreëls toe te pas wat in huidige omstandighede noodsaaklik is om plaasaanvalle te probeer voorkom”, sê Breytenbach.

Breytenbach sê ten slotte, “dat deur die Agri Securitas Trustfonds hulp aan verskeie boerderygemeenskappe gebied word om hulle beveiligingsmaatreëls op te skerp en hulle te staal teen landelike misdaad”.

Klik hier om meer te lees.

The post Agri SA Mediaverklaring – Aanvallers slaan toe op boerderygemeenskappe. appeared first on Agri Limpopo.