- This event has passed.
Agri Limpopo 2019 Kongres
Aug 20, 2019 @ 8:00 am - Aug 21, 2019 @ 1:00 pm
R900Vanjaar se Kongres vind plaas op die 20ste en 21ste Augustus by Weesgerus vakansie oord net buite Modimolle.
Die oggend skop af met Sprekers wat ons nie elke dag saam op een verhoog sien nie (Brand Pretorius – voormalige Hoof van Toyota, die waarnemende President van Limpopo Landbou, Piet Engelbrecht, Lindie Stroebel – PMA, Gerhard Schutte – RPO, Wandile Sihlobo – AGBIZ, Prof Ferdi Meyer, en dan die middag met Pierre Vercuiel (Vise-President – Agri SA).
Na middagete is Agri SA se Omri van Zyl aan die woord gevolg deur Christo van der Rheede, Kobus Visser, Requier Wait, Jahni du Plessis, Annelize Crozby en Janse Rabie.
Ons sluit die middag af met ‘n paneel bespreking.
Die aand is ‘n gesellige braai met styl.
‘n Besigheid Ontbyt is beplan vir die volgende oggend met Dan Kriek, President van Agri SA, as die hoof Spreker gevolg deur Dr Hermann Liebenberg wat met ons gaan praat oor die sielkundige impak van die veranderinge en bedreigings wat ons as Boere beleef.
Limpopo Landbou se geslote kongres sal daarna plaasvind.
Ons wend ‘n groot poging aan om die kongres aangenaam en leersaam vir almal te maak.
Vir Borg en Uitstal geleenthede kontak gerus vir Naomi op 015 307 2725
