

Agri Limpopo het met ontsteltenis kennis geneem van die skorsing van meneer Mike Mlengana, Direkteur Generaal van die Deprtement Landbou, Bosbou en Visserye. Soos meeste landbou-organisasies het Agri Limpopo ‘n besonder goeie verhouding met meneer Mlengana. Sy hart vir landbou en sy besonderse begrip vir die omstandighede van boere op grondvlak, het hom in ‘n kort tydjie die guns en vertroue van boere laat wen.
“Dit is jammer dat landbou vir ‘n onbekende periode sonder Mike se betrok-kenheid sal moet gaan. Daar is vele sake waaroor beleidsonsekerheid heers. Die ANC se afgelope beleidskonferensie het dit nie verminder nie. Die aanmars tot die ANC se Desember leierskapskonferensie gaan waarskynlik ook nie ‘n bydrae lewer om sekerheid te verbeter nie” het Dr Theo de Jager, voorsitter van Agri Limpopo se Landbou-ontwikkelingskomitee gesê in sy reaksie. “In tye soos hierdie sou dit vir landbou goed gewees het as ons met die DG waarmee ons reeds ‘n verhouding opgebou het, oor landbousake kon praat. Nou is ons daardie kans ontneem” het De Jager bygevoeg.
“Dit is jammer dat daar soveel geheimhouding is oor die werklike redes vir meneer Mlengana se skielike skorsing” het Leon Borcherds, president van Agri Limpopo gesê. ”Dit gee aanleiding tot bespiegelings in landboukringe dat die ondersoek na die hantering van droogtehulpfondse die rede is vir sy skorsing. Groter duidelikheid oor die redes sou hieroor sekerheid kon bring en die skade wat sulke praatjies aan AgriSA, wat die ondersoek aangevra het, kon verhoed” het Borcherds bygevoeg.
“Ons kan net hoop dat die ondersoeke wat Mike se skorsing genoodsaak het, baie vinnig en volledig afgehandel sal word sodat bestendigheid tot onderhan-delings rakende die landbousektor kan terugkeer” het Willem van Jaarsveld, HUB van Agri Limpopo gesê. “Ons onderhandel gedurigdeur met staatsamp-tenare wat waarnemend is. Dit rek prosesse uit en lei meer tot frustrasies as wat dit oplossings meebring” het hy bygevoeg.
Vir navrae kontak / For enquiries contact:
Leon Borcherds : President Agri Limpopo 082 378 4621
Dr Theo de Jager: Landbou-ontwikkelingskomitee voorsitter 082 332 2110
Willem van Jaarsveld: HUB / CEO Agri Limpopo 082 451 7913
Koraal
Weipe
Voorsitter:
Pieter Esterhuyse
E-Pos: pieter@overvlakte.co.za
Sel: +27 (0) 83 653 4871
Loskop
Voorsitter:
Danie van der Heever
E-Pos: danie@jfdfarms.co.za
Sel: +27 (0) 82 777 1246
Hoedspruit
Voorsitter:
Flip Roodt
E-Pos: roodtpj@gmail.com
Sel: +27 (0) 82 493 4170
Bosveld
Voorsitter:
Cobus Coetzee
E-Pos: agribosveld@hotmail.com
Sel : +27 (0) 82 800 6287
Lephalale
Voorsitter:
Douw Pelser
E-Pos: douw@trophysafaris.co.za
Sel: +27 (0) 82 302 3773
Agri Letaba DLU
Voorsitter:
Pieter Vorster
E-pos: pieter@mahela.co.za
Sel : +27 (0) 83 2595511
Nzelele
Voorsitter:
Evert van Deventer
E-Pos: evert@maswiri.co.za
Sel: +27 (0) 78 638 4452
Ohrigstad
Voorsitter:
Fritz Marx
E-Pos: OhrigstadBV@gmail.com
Sel: +27 (0) 82 946 2333
Springbokvlakte
Voorsitter:
Andries Groothof
E-pos: admin@adaja.co.za
Sel: +27 (0) 82 453 4366
Tuinplaas
Voorsitter:
Karel Burger
E-Pos: burger.kr@gmail.com
Sel: +27 (0) 82 817 3967
Watervalsrivier
Alldays Boerevereniging
Voorsitter:
HJ Smit
E-pos: hjsmitvervoer@gmail.com
Sel: +27 (0) 72 3979679
Linton
Voorsitter:
Schalk van der Walt
E-pos: kongoms53@gmail.com
Sel: +27 (0) 83 367 6891