

DA leier, Mmusi Maimane, het vroeër vandag tydens ‘n personderhoud aangekondig dat die verwagte Dag Zero-scenario vir Kaapstad moontlik heeltemal vanjaar vermy mag word. Hierdie scenario is gebruik vir beplanningsdoeleindes as ‘n aanduiding van wanneer die Stad se watertoevoer sou opdroog vanweë die heersende droogtetoestande waaronder die Stad gebuk gaan.
Daar is aanvanklik verwag dat hierdie datum 22 April sou wees, maar dit is kort daarna verander na 12 April. Dit is later geskuif na 16 April, en daarna weer verander na onderskeidelik 11 Mei, 4 Junie en 9 Julie. Day Zero is nou onbepaald uitgestel. Die Stad het omvattende gebeurlikheidsplanne rondom die mobilisering van hulpbronne voorberei om 25-liter drinkbare water per persoon per dag te voorsien. Reëlings is getref vir die water om by sekere aangewese punte oral in die Stad afgehaal te word.
Die Stad se gebruik van hierdie scenario is voorheen bevraagteken deur verskeie watersektor-rolspelers, insluitend die landbousektor. Boere moes sedert 12 Januarie 2018 in baie gevalle sonder hul regmatige watertoedeling klaarkom as gevolg van nasionaal-ingestelde en streng toegepaste waterbeperkings. Dit het aanleiding gegee tot geweldige verliese en ontbering vir die landbougemeenskap, insluitend werksverliese vir seisoenale plaaswerkers.
Hoewel dit klaarblyklik gewone Kapenaars se aandag op die erns van die huidige droogte gevestig het, is dit moontlik dat hierdie scenario toevallig ook sy eie onvoorsiene waterbestuurskrisis geskep het. Paniekbevange inwoners (wat dit kon bekostig) het begin om rou- sowel as behandelde water op te berg in afwagting van Dag Zero. Hierdie ontwrigting van normale verbruikspatrone het geweldige probleme vir die Stad se waterbeplanners asook die Departement van Water en Sanitasie geskep.
Hoewel die Stad erken dat sy beraming van watervoorsiening hersien is as gevolg van ‘n vermindering in die landbou se waterverbruik, het dit versuim om erkenning te gee aan die landbousektor se volgehoue pogings in dié verband of die rampspoedige effek van die droogte op die landbousektor. Volgens Agri SA se hoof van Natuurlike Hulpbronne, Janse Rabie, skep die aankondiging (en herroeping) van Dag Zero die indruk dat dit ‘n vals alarm was waarvoor die landbousektor nou moet betaal.
“Terwyl ons dankbaar is dat Dag Zero nou blykbaar afgeweer is, moet mense besef dat die huidige droogte geensins verby is nie. Dit bly steeds ‘n nasionale ramp wat veral in die landbousektor van die Wes-Kaap by die dag erger word. Ons versoek alle regeringsvlakke om deurgaans te fokus op die erns van die droogte en om die kritieke droogtehulpmaatreëls vir die landbousektor te verbeter,” se Rabie.
Terwyl Dag Zero blykbaar afgeweer is, sleep die droogte in die provinsie en die Stad voort. Die Nasionale Waterbeperkings van 12 Januarie 2018, sowel as die Stad se Vlak 6b Waterbeperkings, is steeds in plek en mense is gevra om te voldoen aan die voorskrifte, onder andere ‘n beperking op hul persoonlike waterverbruik, d.w.s. hoogstens 50 liters per persoon per dag.
Uitgereik deur Agri SA, Direktoraat: Korporatiewe Skakeling
Navrae
Mnr Janse Rabie: Agri SA Hoof van Natuurlike Hulpbronne, 076 451 9601
Koraal
Weipe
Voorsitter:
Pieter Esterhuyse
E-Pos: pieter@overvlakte.co.za
Sel: +27 (0) 83 653 4871
Loskop
Voorsitter:
Danie van der Heever
E-Pos: danie@jfdfarms.co.za
Sel: +27 (0) 82 777 1246
Hoedspruit
Voorsitter:
Flip Roodt
E-Pos: roodtpj@gmail.com
Sel: +27 (0) 82 493 4170
Bosveld
Voorsitter:
Cobus Coetzee
E-Pos: agribosveld@hotmail.com
Sel : +27 (0) 82 800 6287
Lephalale
Voorsitter:
Douw Pelser
E-Pos: douw@trophysafaris.co.za
Sel: +27 (0) 82 302 3773
Agri Letaba DLU
Voorsitter:
Pieter Vorster
E-pos: pieter@mahela.co.za
Sel : +27 (0) 83 2595511
Nzelele
Voorsitter:
Evert van Deventer
E-Pos: evert@maswiri.co.za
Sel: +27 (0) 78 638 4452
Ohrigstad
Voorsitter:
Fritz Marx
E-Pos: OhrigstadBV@gmail.com
Sel: +27 (0) 82 946 2333
Springbokvlakte
Voorsitter:
Andries Groothof
E-pos: admin@adaja.co.za
Sel: +27 (0) 82 453 4366
Tuinplaas
Voorsitter:
Karel Burger
E-Pos: burger.kr@gmail.com
Sel: +27 (0) 82 817 3967
Watervalsrivier
Alldays Boerevereniging
Voorsitter:
HJ Smit
E-pos: hjsmitvervoer@gmail.com
Sel: +27 (0) 72 3979679
Linton
Voorsitter:
Schalk van der Walt
E-pos: kongoms53@gmail.com
Sel: +27 (0) 83 367 6891