

AgriSA: Kundiges verwag dat herfskommandowurm landswyd in Suid-Afrika kan versprei
Volgens ‘n onlangse mediaverklaring, verwag kundiges dat die herfskommandowurm oor Suid-Afrika heen sal versprei (met die moontlike uitsondering van die Wes-Kaap). Die verslag dui aan dat besmetting in vyf distrikte in Limpopo, dele van Mpumalanga asook in die Oos-Kaap aangemeld is.
Die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye (DAFF) het versoek dat boere en landbou-organisasies hul monitering- en aanmeldingspogings ten opsigte van hierdie plaag landswyd opskerp.
Daaglikse en weeklikse verslae moet aan DAFF voorgelê vir alle nuwe gebiede waar FAW voorkom.
Agri SA verwelkom die tydige optrede deur DAFF, insluitend die beskikbaarstelling van plaagdoders om die verspreiding van die plaag te bekamp. Agri SA wil graag boere daarop attent maak dat die aanwending van chemikalieë in konsultasie met die betrokke verteenwoordigers moet geskied.
Alhoewel hierdie wurm meestal mielieplante aanval, kom dit ook soms voor in katoen, koring, sorghum, sojabone, aartappels en grondbone. Om dié rede is dit belangrik om te let op skade aan hierdie gewasse en die teenwoordigheid van die indringer-spesies.
Dan Kriek, President van Agri SA, het Graan SA en ander rolspelers wat die situasie namens die bedryf moniteer bedank.
Uitgereik deur Agri SA, Direktoraat: Korporatiewe Skakeling
Navrae
Mnr Dan Kriek, President Agri SA, 082 944 0566
Mnr Janse Rabie, Hoof van Natuurlike Hulpbronne, Agri SA, 076 451 9601
Koraal
Weipe
Voorsitter:
Pieter Esterhuyse
E-Pos: pieter@overvlakte.co.za
Sel: +27 (0) 83 653 4871
Loskop
Voorsitter:
Danie van der Heever
E-Pos: danie@jfdfarms.co.za
Sel: +27 (0) 82 777 1246
Hoedspruit
Voorsitter:
Flip Roodt
E-Pos: roodtpj@gmail.com
Sel: +27 (0) 82 493 4170
Bosveld
Voorsitter:
Cobus Coetzee
E-Pos: agribosveld@hotmail.com
Sel : +27 (0) 82 800 6287
Lephalale
Voorsitter:
Douw Pelser
E-Pos: douw@trophysafaris.co.za
Sel: +27 (0) 82 302 3773
Agri Letaba DLU
Voorsitter:
Pieter Vorster
E-pos: pieter@mahela.co.za
Sel : +27 (0) 83 2595511
Nzelele
Voorsitter:
Evert van Deventer
E-Pos: evert@maswiri.co.za
Sel: +27 (0) 78 638 4452
Ohrigstad
Voorsitter:
Fritz Marx
E-Pos: OhrigstadBV@gmail.com
Sel: +27 (0) 82 946 2333
Springbokvlakte
Voorsitter:
Andries Groothof
E-pos: admin@adaja.co.za
Sel: +27 (0) 82 453 4366
Tuinplaas
Voorsitter:
Karel Burger
E-Pos: burger.kr@gmail.com
Sel: +27 (0) 82 817 3967
Watervalsrivier
Alldays Boerevereniging
Voorsitter:
HJ Smit
E-pos: hjsmitvervoer@gmail.com
Sel: +27 (0) 72 3979679
Linton
Voorsitter:
Schalk van der Walt
E-pos: kongoms53@gmail.com
Sel: +27 (0) 83 367 6891