

Adjunk-minister, Mcebisi Skwatsha het, na bewering gister tydens ‘n vergadering van die Portefeuljekomitee op Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming, gesê dat die ANC in Maart ‘n konferensie oor onteiening sonder vergoeding sal hou en dat onteiening sonder vergoeding daarna deur alle relevante staatsdepartemente geïmplementeer sal word. Hy is aangehaal om te sê dat die ANC sal bepaal wie se grond hulle sal vat en hoe hulle dit sal doen. Dit is egter nie sommer net vir vat nie, het Mnr Ernest Pringle, voorsitter van Agri SA se grond sentrum van uitnemendheid gesê. Dit is ook nie ‘n besluit wat die ANC op hulle eie kan neem en dan eenvoudig begin uitvoer nie.
Geen onteiening sonder vergoeding kan plaasvind tensy die Grondwet gewysig word nie, het Pringle gesê. En dit sal ‘n tydrowende proses wees waaroor daar omvattend gekonsulteer sal moet word en die nodige meerderheid van stemme in die Parlement ten gunste daarvan uitgebring moet word. Privaat eiendomsreg is ‘n internasionaal erkende beginsel, wat beskerm word deur die meeste internasionale menseregte-handveste, byvoorbeeld artikel 17 van die Verenigde Nasies se Universele Verklaring van Menseregte. Die dreigemente van onteiening sonder vergoeding bots ook lynreg met beleid van belangrike instansies soos die Wêreldbank en die Internasionale Monetêre Fonds. Die ekonomiese gevolge van grond “vat”, sal katastrofies wees, soos wat verskeie ekonome reeds uitgewys het. Die arm mense sal die swaarste deur die gevolge van so onverantwoordelike stap getref word, het Pringle bygevoeg.
“Hierdie tipe uitlatings deur politici, speel in die hand van opportuniste wat dit graag as verskoning wil gebruik om grond te beset. Dit is uiters gevaarlik.”
Pringle het ook daarop gewys dat geweldige verwagtinge geskep word rondom die kwessie van onteiening sonder vergoeding, wat ook polities kan boemerang. “Het enige-iemand al gedink, wat gaan gebeur nadat grond gevat is? Aan wie gaan dit gegee word, wie gaan toegang geweier word en waar gaan die kapasiteit skielik vandaan kom om die mense wat die grond kry te ondersteun om dit produktief te gebruik”?”, het hy gevra.
Agri SA doen ‘n beroep op Mnr Ramaphosa om die organisasie en die publiek so gou moontlik in sy vertroue te neem oor presies wat beoog word. Agri SA het nog geen uitnodiging ontvang om ‘n konferensie in Maart hieroor by te woon nie. Agri SA is ‘n kritiese rolspeler in hierdie debat en sal graag met die ANC leierskap hieroor debat wil voer, het Pringle gesê.
Uitgereik deur Agri SA, Direktoraat: Korporatiewe Skakeling
Navrae
Ernest Pringle, Voorsitter van Agri SA se Sentrum Van Uitnemendheid oor Grondsake, 087 803 5699
Annelize Crosby, Hoof: Grondsake, Agri SA, 082 388 0017
Koraal
Weipe
Voorsitter:
Pieter Esterhuyse
E-Pos: pieter@overvlakte.co.za
Sel: +27 (0) 83 653 4871
Loskop
Voorsitter:
Danie van der Heever
E-Pos: danie@jfdfarms.co.za
Sel: +27 (0) 82 777 1246
Hoedspruit
Voorsitter:
Flip Roodt
E-Pos: roodtpj@gmail.com
Sel: +27 (0) 82 493 4170
Bosveld
Voorsitter:
Cobus Coetzee
E-Pos: agribosveld@hotmail.com
Sel : +27 (0) 82 800 6287
Lephalale
Voorsitter:
Douw Pelser
E-Pos: douw@trophysafaris.co.za
Sel: +27 (0) 82 302 3773
Agri Letaba DLU
Voorsitter:
Pieter Vorster
E-pos: pieter@mahela.co.za
Sel : +27 (0) 83 2595511
Nzelele
Voorsitter:
Evert van Deventer
E-Pos: evert@maswiri.co.za
Sel: +27 (0) 78 638 4452
Ohrigstad
Voorsitter:
Fritz Marx
E-Pos: OhrigstadBV@gmail.com
Sel: +27 (0) 82 946 2333
Springbokvlakte
Voorsitter:
Andries Groothof
E-pos: admin@adaja.co.za
Sel: +27 (0) 82 453 4366
Tuinplaas
Voorsitter:
Karel Burger
E-Pos: burger.kr@gmail.com
Sel: +27 (0) 82 817 3967
Watervalsrivier
Alldays Boerevereniging
Voorsitter:
HJ Smit
E-pos: hjsmitvervoer@gmail.com
Sel: +27 (0) 72 3979679
Linton
Voorsitter:
Schalk van der Walt
E-pos: kongoms53@gmail.com
Sel: +27 (0) 83 367 6891